Wilgerivier (Vaal)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Wilgerivier (Vaal)map
Remove ads

Die Wilgerivier (Engels: Wilge River) is 'n sytak van die Vaalrivier. Dit ontspring noord van Hamilton in die Oos-Vrystaat op die grens met KwaZulu-Natal. Dit vloei dan in 'n suidwestelike rigting, verby Hamilton, verby die De Beerspas en kruis dan die N3 nasionale pad by Swinburne. Nou vloei die rivier weswaarts en swaai dan noordwes. Die rivier vloei dan aan die westekant van Harrismith verby.

Kitsfeite Koördinate: 27°8′30″S 28°23′6″O ...
Hierdie blad handel oor die Wilgerivier wat 'n sytak van die Vaalrivier is. Vir die Wilgerivier in die Olifantssisteem van Mpumalanga, sien Wilgerivier (Olifants).
Remove ads

Sytakke

Net voor Harrismith sluit die Nuwejaarspruit by die Wilgerivier aan. Vanaf Harrismith vloei die rivier in 'n noordwestelike rigting en gaan verby Frankfort. Net voor Frankfort sluit die Liebenbergsvlei by die Wilgerivier aan. Die rivier vloei verder af in die Vaaldam.

Die rivier is bekend onder hengelaars vir sy grootbek-geelvis.

Tugela-Vaal-waterprojek

Die Wilgerivier is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek. Water word uit die Sterkfonteindam losgelaat in die Nuwejaarspruit om via die Wilgerivier na die Vaaldam te vloei.

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads