Willem II van Engeland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Willem II van Engeland
Remove ads

Willem II (ook bekend as Willem Rufus, moontlik vanweë sy rooi gesig;[1] c. 10602 Augustus 1100) was van 1087 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die derde seun van Willem die Veroweraar.[2]

Kitsfeite Huis, Regeer ...
Remove ads

Vroeë lewe

Ná die dood van Willem die Veroweraar in 1087 is sy belangrikste besittings tussen sy twee seuns verdeel. Rufus was toe die tweede oudste seun aangesien sy broer Richard tydens ’n jaguitstappie dood is. Sy ouer broer, Robert, het die Hertogdom van Normandië geërf terwyl Willem Rufus die "minder belangrike" Engeland gekry het. (Onder Engeland is destyds ’n veel kleiner gebied verstaan as tans.)

Die verdeling aan weerskante van die Engelse Kanaal het gelei tot ’n dilemma vir die adellikes wat grond in albei gebiede besit het.[3] Omdat Willem en Robert teenstanders was, was hulle bang dat hulle ’n deel van hul grond sou verloor as hulle kant kies. Hulle wou hê dat die twee gebiede onder een heerser verenig word. Onder leiding van Odo, die magtige biskop van Bayeux, het ’n opstand teen Willem ten gunste van Robert ontstaan. Met die steun van die Engelse het Willem egter die opstand onderdruk en sy leierskap bevestig.

Remove ads

Koning van Engeland

Willem II was ongewild omdat hy hoë belasting ingestel het. Boonop het hy hom kerklike besittings toegeëien en ’n langdurige vete het tussen die staat en die kerk ontstaan. Hy het ook oorlog gevoer teen Wallis en Skotland. Toe sy broer Robert in 1096 op ’n kruistog gaan, het hy die graafskap van Normandië aan Willem verpand.

Thumb
Die Rufus Stone.

Willem was ’n flambojante figuur. Hy het nooit getrou nie en het ook geen wettige of buite-egtelike kinders gehad nie. Dit het vrae laat ontstaan oor sy seksuele voorkeur.[4]

In 1100 is hy tydens ’n jaguitstappie noodlottig deur ’n pyl gewond. Daar word wyd bespiegel dat dit moord was. Sy jonger broer, Hendrik, wat hom opgevolg het as koning Hendrik I, word dikwels beskou as die brein agter die plan.

Op die gedenkteken aan Good King Rufus, die Rufus Stone, word sir Walter Tyrell genoem as die persoon wat die dodelike skoot geskiet het:

...an armourer came in and presented to [William] six arrows. The King immediately took them with great satisfaction, praising the work, and unconscious of what was to happen, kept four of them himself and held out the other two to Walter Tyrrel … saying 'It is only right that the sharpest be given to the man who knows how to shoot the deadliest shots.' [5]

Willem se lyk is die volgende dag deur plaaslike boere gevind. Die adellikes het hom net daar gelos omdat die wet en orde van die koninkryk saam met die koning tot niet is en hulle het hulle na hul Engelse en Normandiese eiendomme gehaas om hul belange te beskerm.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads