Wismar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Hansestad Wismar is aan die Oosseekus van die Noordoos-Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere en aan die suidelike ent van die Wismarbaai geleë. Die Wismarbaai word in die noorde deur die eiland Poel begrens.
Die wisselvallige geskiedenis van Wismar het reeds in die vroeë 13de eeu begin - die eerste verwysing na die stad dateer uit die jaar 1229. Tussen 1632 en 1803 het Wismar onder Sweedse heerskappy gestaan. Die stadsuitleg en perseelstruktuur het oor eeue heen onveranderd gebly, en die uitgebreide verwoestings van die Tweede Wêreldoorlog is intussen danksy talle rekonstruksies van geskiedkundige geboue grotendeels ongedaan gemaak. Wismar se historiese stadskern is saam met dié van Stralsund op 27 Junie 2002 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads