Woiwodskap Subkarpate

Woiwodskap in Pole From Wikipedia, the free encyclopedia

Woiwodskap Subkarpate
Remove ads

Die Woiwodskap Subkarpate (Pools: województwo podkarpackie) is een van 16 woiwodskappe in die Republiek van Pole. Dit is met die administratiewe hervorming van 1999 deur die samesmelting van die vroeëre woiwodskappe Rzeszów, Przemyśl en Krosno geskep. Die administratiewe hoofstad en grootste stedelike nedersetting is Rzeszów.

Meer inligting Vlag van die Woiwodskap Subkarpate WoiwodskapSubkarpate, Kaart ...

Die Woiwodskap Subkarpate is in die uiterste suid-ooste van Pole geleë en grens aan Oekraïne en Slowakye. Die suide van die woiwodskap word deur die berglandskap van die Karpate oorheers. 'n Groot deel van die gebied word deur die Oostelike Beskiede-bergreeks met die Bieszczady, die Lae Beskiede en die Beskiede-voetheuwels (Pogórze Beskidzkie) beslaan.

Remove ads

Ekonomie

Thumb
'n Hotel in Polańczyk

Behalwe vir swawel- en gasontginning en enkele swaar nywerhede (in Tarnobrzeg is in die 1930's wapenfabrieke en in 1960 'n swaelsuur-kombinat opgerig) word die Subkarpate deur 'n lae vlak van industrialisering gekenmerk wat van die streek een van die armstes in die land maak.

Die streek is derhalwe nie deur besoedeling geraak nie. Danksy sy ongerepte natuurskoon het die Bieszczady-bergreeks met sy stap- en fietsroetes en wintersportgeriewe tot 'n gesogte trekpleister vir natuurtoeriste en skigeesdriftiges uit Pole en die buiteland ontwikkel, alhoewel toeristegeriewe en openbare vervoer nog nie ontwikkeld genoeg is vir massa-toerisme nie.

Die Nasionale Bieszczady-park met 'n oppervlak van 27 800 hektaar is in 1973 gestig.

Remove ads

Eksterne skakels


Meer inligting Woiwodskappe van Pole ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads