Yair Lapid

14de Eerste Minister van Israel From Wikipedia, the free encyclopedia

Yair Lapid
Remove ads

Yair Lapid, (Hebreeus: יאיר לפיד, gebore op 5 November 1963 in Tel Aviv) is 'n Israelse politikus. Hy is die leier van die Yesh Atid-party.

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...

Sedert 5 Februarie 2013 is hy 'n lid van die Knesset. Vanaf Maart 2013 tot Desember 2014 was hy die minister van Finansies, en vanaf 13 Junie 2021 die minister van Buitelandse Sake en die beoogde eerste minister in die Bennett-Lapid-kabinet. In hierdie regering het hy op 1 Julie 2022 Naftali Bennett as eerste minister afgelos, en op 29 Desember 2022 is hy deur Benjamin Netanyahu opgevolg.

Lapid het as 'n joernalis, akteur en televisie-aanbieder gewerk. Hy het ook verskeie boeke geskryf.

Hy behoort tot die Hervormde Judaïsme en woon in Tel Aviv. Lapid is vir die tweede keer getroud en het drie kinders. Sy vader was die joernalis en politikus Tommy Lapid (in 2008 oorlede), sy moeder die skrywer Shulamit Lapid.

Remove ads

Biografie

Lapid is in Tel Aviv gebore. Sy vader was joernalis en politikus Tommy Lapid wat tussen 2003 en 2004 as adjunk-eerste minister en justisie minister van Israel gedien het. Tommy is in Novi Sad, Joego-Slawië (nou Serwië) na Hongaarse Joodse ouers gebore, terwyl Lapid se moeder, Shulamit, in Tel Aviv gebore is.[1] Sy oupa aan moederskant David Giladi was oorspronklik van Transsilvanië (nou Roemenië), en was 'n skrywer en joernalis wat 'n medestigter van die koerant Maariv was.[2][3][4] Lapid het 'n suster, Merav, wat as 'n kliniese sielkundige werk. Sy ander suster, Michal, is in 1984 in 'n motorongeluk oorlede.[5] Sy oupa aan vaderskant Bela (Meir) Lampel wat 'n prokureur en 'n aktivis vir Sionisme was, is in die Mauthausen-konsentrasiekamp vermoor, terwyl sy oumagrootjie Hermione Lampel na Auschwitz gestuur is, waar sy in 'n gaskamer vermoor is.[6][7]

Lapid het in Londen en Tel Aviv grootgeword. Lapid het die Herzliya Hebreeuse Gimnasium bygewoon, maar weens leerprobleme kon hy nie skool klaarmaak nie.[5][8] Lapid het tydens sy verpligte militêre diensplig in die Israelse weermag as 'n militêre korrespondent vir die IDF se weeklikse koerant, Bamahane ("In die basiskamp"), gewerk.[9] Nadat hy sy militêre diensplig voltooi het, het hy as 'n verslaggewer vir Maariv begin werk en poësie in literêre joernale gepubliseer. Hy het ook 'n loopbaan as amateurbokser gehad.[10]

Lapid het in die middel van die 1980's met Tamar Friedman getrou. Hulle het kort na die geboorte van hulle seun, Yoav, geskei.[11] Hy het later met Lihi Lapid getrou en die egpaar het twee kinders.[12] Hulle woon in die Ramat Aviv Gimel-woonbuurt van Tel Aviv.[13]

Remove ads

Politieke loopbaan

Op 8 Januarie 2012 het Lapid aangekondig dat hy die joernalistiek gaan verlaat om die politiek te betree.[14]

Op 30 April het hy sy party, Yesh Atid, (Hebreeus: יש עתיד, lit., "Daar is 'n Toekoms") suksesvol geregistreer.[15]

In die verkiesing wat in Januarie 2013 plaasgevind het, het Yesh Atid 19 setels in die Israelse Knesset gewen.[16] Lapid is daarna op 15 Maart 2013 deur Benjamin Netanyahu as minister van finansies aangewys.[17] Nethanyahu het op 2 Desember 2014 vir Lapid afgedank.[18]

In Mei 2021 het Lapid 'n koalisie-ooreenkoms met Yamina en ander partye onderteken.[19] Die Knesset het Lapid se voorgestelde regering op 13 Junie met 'n een stem goedgekeur.[20] Die regering is later daardie dag aangewys met Lapid wat as plaasvervangende Eerste minister en as minister van buitelandse sake sou dien.[21]

Lapid is op 1 July 2022 as waarnemende Eerste minister van Israel aangewys nadat die Knesset die vorige dag gestem het om nuwe verkiesings te hou.[22] In die daaropvolgende verkiesing het Yesh Atid 24 setels in die Knesset gewen. Netanyahu het 'n regering gevorm en is toe as Eerste minister aangewys; Lapid het weer leier van die opposisie geword.[23]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads