Serwië
land in Suidoos-Europa From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Serwië (Serwies: Србија, Srbija, [sř̩bija], ), amptelik die Republiek Serwië (Република Србија, Republika Srbija, [repǔblika sř̩bija], ), is 'n landingeslote land geleë in Sentraal- en Suidoos-Europa. Dit word in die noorde begrens deur Hongarye, in die ooste deur Roemenië en Bulgarye, in die suide deur Albanië en Noord-Masedonië en in die weste deur Montenegro, Kroasië en Bosnië en Herzegowina. Serwië se hoofstad en grootste stad is Belgrado, geleë aan die monding van die Savarivier in die Donau.
Remove ads
Geskiedenis



Die moderne land Serwië het ontstaan in 1817 na die Tweede Serwiese Opstand en het in 1878 onafhanklikheid verklaar van die Ottomaanse Ryk.
In die vroeë 19de eeu het die Serwiese Rewolusie die nasiestaat as die streek se eerste grondwetlike monargie gevestig, wat sy grondgebied daarna uitgebrei het.[6]
Die land se huidige grense is vasgestel na die Tweede Wêreldoorlog, toe Serwië 'n federale deel geword het binne die Sosialistiese Federale Republiek Joegoslawië. Serwië het weer 'n onafhanklike land geword in 2006, nadat Montenegro die Unie verlaat het wat gevorm is na die verval van Joego-Slawië in die jare 90.
Remove ads
Demografie
Daar woon 7 041 599 mense in Serwië en Kosovo. 83,3% van die populasie is Serwiërs, 3,5% is Hongare, 2,1% Roma, 2% is Bosniake, 1,1% Italianers en 5% ander groepe.[1]
Godsdiens
84,6% is Serwies-Ortodoks; 5% is Rooms-Katoliek en 10% is ander Christene en Moslems.[1]
Tale
88,1% praat Serwies, 3,4% praat Hongaars en minder as 9% ander tale.[1]
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads