Adderleystraat
Adderleystraat is die hoofstraat van Kaapstad. Dit begin by die herwonne strandgebied by Roggebaai en eindig aan die voet van Goewermentlaan. Dit het eers as Amsterdamkanaal en daarna Heerengracht bekendgestaan en langs 'n varswaterkanaal geloop wat lank gelede reeds toegegooi is. Dié water, wat van Tafelberg af kom, loop vandag onder die straat in 'n groot pyp af see toe.
Read article





