Cullinan
dorp in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Cullinan is 'n myndorpie in die provinsie Gauteng (Suid-Afrika), sowat 40 km van Pretoria en 100 km van Johannesburg af en lê op 'n hoogte van 1 476 m bo seevlak.[2]
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Cullinan | |
---|---|
Dorp | |
Oaklaan, Cullinan se hoofstraat | |
Koördinate: 25°40′22″S 28°31′15″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 55,66 km2 (21,49 vk. myl) |
Hoogte | 1 450 m (4 760 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 8 693 |
• Digtheid | 156/km2 (400/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 31.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 2.7% |
• Swart mense | 64.3% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 48.9% |
• Noord-Sotho | 15.6% |
• Engels | 9.2% |
• Suid-Sotho | 5.9% |
• Ander | 20.3% |
Poskode (strate) | 1000 |
Poskode (posbusse) | 1000 |
Skakelkode | 012 |
Sluit
Die dorp is genoem na Sir Thomas Cullinan, wat in 1902 'n diamantpyp hier ontdek het. In die jaar 1903 is die Premiermyn geopen. Op 25 Junie 1905 ontdek Frederick Wells, 'n bestuurder van die Premiermyn-maatskappy, die beroemde Cullinan-diamant, die grootste ter wêreld met 'n massa van 3 106 karaat of 621,2 gram. Dit is deur die Transvaalse regering gekoop en aan die Britse koning Edward VII geskenk.
Cullinan se omgewing spog met 'n aantal rustige vakansieoorde soos Little Eden en Boekenhoutkloof. Die R513-streeksroete gaan deur die dorp.