Hermann Kallenbach (Žemaičių Naumiestis, Russiese Ryk [nou deel van Litaue], 1 Maart1871 – 22 Maart1945) was 'n Suid-Afrikaanse argitek en sakeman van Duits-Joodse afkoms wat vir die ontwerp van sommige van die mooiste NG kerke in Suid-Afrika verantwoordelik was. Hy het in vennootskap met A. Reynolds tussen omstreeks 1904 en 1908 NG kerke in die destydse Transvaal, Vrystaat en Kaapland ontwerp, onder meer vir die NG gemeente Jeppestown, wat as een van die aantreklikste kerke van enige genootskap in Johannesburg beskou word,[3] op Laingsburg, Barkly-Oos en Riversdal. Ander geboue wat hy ontwerp het, sluit die Joodse sinagoge in Benoni[4] en Krugersdorp, die Lewis & Marks-gebou (1937) in Johannesburg se middestad en die Langlaagte-weeshuis in.