JSE
Naam van die Johannesburgse aandelebeurs / From Wikipedia, the free encyclopedia
JSE Beperk is die naam van die Johannesburgse aandelebeurs.[1] Die JSE is die grootste aandelebeurs in Afrika en die 19de grootste ter wêreld volgens markkapitalisasie.[2] Die beurs is geleë op die hoek van Maudestraat en Gwenlaan in Sandton, Gauteng (Suid-Afrika).
Kitsfeite Tipe, Gestig ...
JSE - Die Johannesburgse Aandelebeurs | |
Tipe | Effektebeurs |
---|---|
Gestig | 8 November 1887; 136 jaar gelede (1887-11-08) |
Stigter(s) | Benjamin Minors Woollan |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika 26.1029°S 28.0576°O / -26.1029; 28.0576 |
Sleutelpersone | Nonkululeko Nyembezi-Heita Leila Fourie |
Gebied bedien | Hele wêreld |
Industrie | Finansiële dienste - Effektebeurs |
Bates | VS$1 007 miljard |
Webwerf | www |
Sluit
In 2003 was daar ongeveer 472 maatskappye op die JSE gelys met 'n markkapitalisasie van VS$182,6 miljard (€158 miljard) en 'n gemiddelde maandelikse verhandeling van VS$6 399 miljoen (€5,5 miljard). Teen die einde van 2013 was die markkapitalisasie VS$1 007 miljard.[3]