Julia Roberts
Amerikaanse aktrise / From Wikipedia, the free encyclopedia
Julia Fiona Roberts (gebore op 28 Oktober 1967)[1] is ’n Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger. Sy het ’n Hollywood-ster geword ná haar verskyning in die romantiese komedie Pretty Woman (1990). Sy het drie Golden Globes (uit agt benoemings) gewen en is vier keer vir ’n Oscar benoem. Sy het laasgenoemde vir beste aktrise gewen vir haar spel in Erin Brockovich (2000).
Julia Roberts | |
Roberts in 2011 by ’n première van Jesus Henry Christ. | |
Geboortenaam | Julia Fiona Roberts |
---|---|
Geboorte | 28 Oktober 1967 (1967-10-28) (56 jaar oud) Smyrna, Georgië, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1987- |
Haar flieks sluit in Mystic Pizza (1988), Sleeping with the Enemy (1991), Hook (1991), The Pelican Brief (1993), My Best Friend's Wedding (1997), Conspiracy Theory (1997), Notting Hill (1999), Runaway Bride (1999), Ocean's Eleven (2001), Mona Lisa Smile (2003), Ocean's Twelve (2004), Valentine's Day (2010) en Eat Pray Love (2010). Sy is een van die aktrises wat die meeste geld by die loket laat inrol het.[2]