Wildebeest
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wildebeest was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep. Die groep was oorspronklik 'n duo tussen Colin Pratley op tromme en Dave Tarr wat viool gespeel het. In 1981 sluit Karlien van Niekerk, Doc Barendse en Piet Botha by hulle aan. Dié drie was bekend as die groep Catherine Wheel voordat hulle by Wildebeest aangesluit het. Doc Barendse verlaat die groep en Boet Faber sluit by die groep aan. Hulle stel hulle eerste en enigste album Bushrock 1 in 1981 vry, 'n album wat lewendig by Upstairs in Sunnyside, Pretoria opgeneem is.[1] In 1983 was Wildebeest een van die eerste musiekgroepe wat Rock and Roll-musiek in Afrikaans gesing het.[2]
Kitsfeite Oorsprong, Genres ...
Wildebeest | |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Rockmusiek |
Jare aktief | 1981-1983 |
Assosiasies | Jack Hammer |
Gewese lede | Colin Pratley, Doc Barendse, Piet Botha, Karlien van Niekerk, Dave Tarr, Boet Faber, Paul van Eeden, Deon Maree, Gilbert Lyons, Vernon "Moonshine" Lee.[1] |
Sluit