С (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
С (kleinletter: с) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet en moenie met die letter C in die Latynse alfabet verwar word nie. Dit word uitgespreek as /s/. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam slowo (слово) en het dit ’n syferwaarde van 200 gehad.