20 Junie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
20 Junie is die 171ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (172ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 194 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 1567 – Die "Casket"-briewe word gevind. Die briewe impliseer dat Maria I van Skotland met James Hepburn, 4de graaf van Bothwell, saamgesweer het om Maria se man Lord Darnley te vermoor.
- 1667 – Pous Clemens IX volg Pous Alexander VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1675 – Pous Clemens X verklaar Francis Solano salig.
- 1789 – Die 'Tennisbaan-eed'. Die volksverteenwoordigers van Frankryk wat uitgesluit is uit die parlement in Versailles, neem 'n eed om nie te verdaag totdat 'n grondwet aanvaar is nie.
- 1837 – Koningin Victoria bestyg die Britse troon.
- 1848 – Andries Pretorius word as kommandant-generaal verkies.
- 1863 – Wes-Virginië word die 35ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: 40 000 Franse soldate vlug na veiligheid oor die Switserse grens en word geïnterneer. Switserland was 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1940 – 'n Nuwe regering word gevorm in Letland nadat die Rooi Leër die land beset het.
- 1960 – Mali en Senegal verkry hul onafhanklikheid van Frankryk.
- 1987 – Nieu-Seeland klop Frankryk in die eindstryd met 29–9 en wen sodoende die eerste Rugbywêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland.
- 1992 – 'n Nuwe grondwet word van krag in Paraguay en daar kom 'n einde aan die militêre bewind van Alfredo Stroessner.
- 1999 – Australië klop Pakistan in die eindstryd met 8 paaltjies en wen sodoende die sewende Krieketwêreldbeker in Engeland, Ierland, Nederland, Skotland en Wallis.
Remove ads
Geboortes
- 1566 – Sigismund III Wasa, Koning van Swede (1592 – 1599) en Pole (1587 – 1632) († 1632).
- 1761 – Jacob Hübner, Duitse entomoloog en skrywer († 1826).
- 1819 – Jacques Offenbach, Duitsgebore Franse komponis, tjellis en impresario († 1880).
- 1900 – Boris Pash, Amerikaanse militêre intelligensie-offisier († 1995).
- 1908 – Gus Schilling, Amerikaanse akteur († 1957).
- 1909 – Errol Flynn, Australies-Amerikaanse akteur († 1959).
- 1911 – Gail Patrick, Amerikaanse aktrise († 1980).
- 1925 – Audie Murphy, Amerikaanse vereerde luitenant en akteur († 1971).
- 1928 – Martin Landau, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2017).
- 1928 – Jean-Marie Le Pen, Franse intelligensiehoof en politikus († 2025).
- 1931 – Olympia Dukakis, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 1931 – James Tolkan, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1933 – Danny Aiello, Amerikaanse akteur († 2019).
- 1940 – John Mahoney, Engelse akteur († 2018).
- 1949 – Lionel Richie, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur.
- 1949 – Gotabaya Rajapaksa, 8ste president van Sri Lanka.
- 1950 – Nouri al-Maliki, Irakse politikus, 76ste Eerste Minister van Irak.
- 1951 – Tress MacNeille, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar.
- 1952 – John Goodman, Amerikaanse akteur.
- 1967 – Nicole Kidman, Amerikaans-Australiese aktrise, gebore in Honolulu, Hawaii.
- 1967 – Sjors Fröhlich, Nederlandse burgemeester, joernalis en aanbieder.
- 1967 – Mo Gawdat, Egiptiese entrepreneur en skrywer.
- 1968 – Tonya Kinzinger, Franse aktrise.
- 1980 – Tika Sumpter, Amerikaanse aktrise.
- 1981 – Hennie Jacobs, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, liedjieskrywer en komediant.
- 1986 – Robbie Klay, Afrikaanse sanger.
- 1986 – Dreama Walker, Amerikaanse aktrise.
- 1987 – Itumeleng Khune, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, Bafana Bafana-doelwagter by die 2010-FIFA-wêreldbeker.
- 1989 – Christopher Mintz-Plasse, Amerikaanse akteur.
Remove ads
Sterftes
- 840 – Lodewyk die Vrome, koning van die Franke (* 778).
- 1787 – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era (* 1723).
- 1837 – William IV, koning van Groot-Brittanje (* 1765).
- 1883 – Johannes Nicolaas de Beer, boer van Kimberley en die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem (* 1830).
- 1883 – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal (* 1814).
- 1900 – Lord Henry Loch, Britse goewerneur van die Kaapkolonie (* 1827).
- 1930 – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1859).
- 1949 – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur (* 1895).
- 1959 – Hitoshi Ashida, Japannese politikus en Eerste minister van Japan in 1948 (* 1887).
- 1984 – Estelle Winwood, Engelse aktrise (* 1883).
- 1995 – Emil Cioran, Roemeense filosoof (* 1911).
- 2009 – Neda Agha-Soltan, jong Irannese vrou wat betoog het in Teheran teen aksies van president Mahmoud Ahmadinejad en die ajatolla Ali Khamenei (* 1982).
- 2011 – Ryan Dunn, Amerikaanse televisiepersoonlikheid (* 1977).
- 2015 – Esther Brand, Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese gouemedaljewenner (* 1922).
- 2015 – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en rolprentvervaardiger (* 1938).
- 2024 – Donald Sutherland, Kanadese akteur (* 1935).
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 Junie. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads