![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/39/Abell_39.jpg/640px-Abell_39.jpg&w=640&q=50)
Abell 39
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abell 39 is ’n planetêre newel met ’n lae oppervlakhelderheid in die sterrebeeld Hercules. Dit is die 39ste inskrywing in George Abell se katalogus van planetêre newels van 1966, (en 27ste in sy 1955-katalogus van 86 ou planetêre newels wat óf hy óf Albert Wilson voor Augustus 1955 ontdek het).[4][5] Dit is sowat 6 800 ligjare van die Aarde af en 4 600 ligjare bo die galaktiese vlak.[3] Dit is feitlik volkome sferies en een van die grootste bekende sfere, met ’n radius van sowat 2,5 ligjare.[3][2]
- LW: Abell 39 kan ook verwys na ACO 39, die 39ste lid van die Abell-katalogus van sowat 4 000 sterrestelselswerms.
Kitsfeite
Abell 39 | ||||
![]() | ||||
Bron: Adam Block/Mount Lemmon SkyCenter/ Universiteit van Arizona | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Hercules | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h 27m 33.737s[1] | |||
Deklinasie | +27° 54′ 33.44″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | Tesame: 13,7;[2] Sentrale ster: 15,5 ± 0,2[3] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 6 800 ligjare (2,1 parsek)[3] | |||
Skynbare grootte | 155″,1 × 154″,5[3] | |||
Ander name | ||||
PN A66 39,[1] PN ARO 180,[1] PK 047+42 1,[1] PN G047.0+42.4 en Abell 39[1] | ||||
|
Sluit