Adelaide (Suid-Australië)

hoofstad van Suid-Australië (Australië) From Wikipedia, the free encyclopedia

Adelaide (Suid-Australië)map

Adelaide (Engels: [ˈædɪleɪd], ) is die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Suid-Australië. Die stad het ongeveer 1,3 miljoen inwoners en is die 5de grootste stad ten opsigte van sy bevolking in Australië. Adelaide is in 1836 gestig en na Adelheid van Saxe-Meiningen, William IV se vrou, vernoem.

Kitsfeite Land, Deelstaat ...
Adelaide
Stad
Thumb
Thumb
Vlag
Thumb
Wapen
Thumb
Ligging van Adelaide
Thumb
Die stad Adelaide
Koördinate: 34°55′44″S 138°36′04″O
LandVlag van Australië Australië
DeelstaatVlag van Suid-Australië Suid-Australië
Administratiewe verdeling18 Local Government Areas
Stigting28 Desember 1836
Regering
  BurgemeesterMichael Harbison
Oppervlak
  Stedelik
1 826,9 km2 (705,4 vk. myl)
Hoogte
43 m (141 ft)
Bevolking
  Stad1 289 865
  Stedelike digtheid1 295/km2 (3 350/vk. myl)
TydsoneACST (UTC+9:30)
  SomertydUTC+9:30
WebwerfAdelaide City Council
Sluit

Adelaide is naby die Suidelike Oseaan en is noord van die Fleurieu-skiereiland geleë. 'n Rivier, genaamd die River Torrens, vloei deur die stad. Adelaide het 'n warm Mediterreense klimaat. Druiwe vir die produksie van wyn word in die Barossa-vallei (sowat 50 kilometer noord van Adelaide) verbou.

Die stad is bekend vir sy kunstefees, die Festival of Arts. Die fees word sedert 1960 elke tweede jaar aangebied en is een van die grootste van sy soort ter wêreld.

Adelaide word soms die "City of Churches" genoem vanweë die vele kerke wat daar aangetref word. 'n Ander algemeen benaming is "the 20 minute city", te danke aan die uitleg wat meeste plekke binne 20 minute van die sentrale besigheidsdistrik plaas.

Adelaide was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2003, Krieketwêreldbeker 2015 en T20I-wêreldbeker 2022.

Eksterne skakels

Meer inligting Hoofstede van Australië ...
Vlag van Australië Hoofstede van Australië Wapen van Australië
HoofstedeAdelaideBrisbaneCanberraDarwinHobartMelbournePerthSydney
Sluit

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.