Melbourne

hoofstad van die Australiese deelstaat Victoria From Wikipedia, the free encyclopedia

Melbournemap
Remove ads

Melbourne (Engels: [ˈmɛlbərn], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Victoria en die tweede grootste stad in Australië naas Sydney met 'n bevolking van meer as vyf miljoen volgens die 2021-sensus.

Thumb
'n Lugbeeld van Melbourne se stadshorison
Kitsfeite Land, Deelstaat ...

Die nedersetting is in 1835 deur 'n groep koloniste uit Tasmanië op die oewers van die Yarrarivier gestig. In 1842 word dit as 'n stad geproklameer.

Melbourne is 'n multikulturele stad wat mense van orals oor die wêreld verwelkom. Dit is bekend vir sy tremme. Die stad het verskeie groot parke en ook 'n paar strande.

Remove ads

Klimaat

Meer inligting Weergegewens vir Melbourne (Stad), Maand ...
Remove ads

Sport

Thumb
Die Melbourne-krieketveld

Melbourne beskik met die Melbourne-krieketveld oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Beide die Australiese nasionale krieketspan en die Australiese nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. Die Melbourne-krieketveld het onder andere wedstryde tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1988, die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015, asook beide die T20I-vrouewêreldbeker 2020 en die T20I-wêreldbeker 2022 gehuisves.

In rugby is Melbourne voorheen tydens Superrugby deur die Melbourne Rebels verteenwoordig wat sy tuiswedstryde op die Melbourne Reghoekige Stadion en vroeër op die Docklands-stadion gespeel het. In 2024 het Rugby Australia dié konsessie egter om finansiële redes onttrek.[2] Die Docklands-stadion is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2003 gebruik. In Melbourne speel beide die Wallabies en die Wallaroos van hulle tuiswedstryde op die Melbourne Reghoekige Stadion. Melbourne sal ook een van die gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 2027 wees.

Melbourne het ook die Olimpiese Somerspele 1956 gehou en in 2006 die 18de Statebondspele aangebied. In Januarie word jaarliks vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in professionele tennis aangebied: Die Australiese Ope. Dit vorm saam met die Franse Ope, VSA-Ope en Wimbledon-kampioenskap die vier "Grand Slam"-toernooie van elke jaar.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads