From Wikipedia, the free encyclopedia
Alnitak, ook genoem Zeta Orionis en 50 Orionis, is ’n veelvoudige ster meer as 1 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Jagter. Dit is deel van die Jagter se Belt saam met Alnilam en Mintaka.
Alnitak | ||||
Alnitak (regs onder) en die Vlamnewel. | ||||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Spektraaltipe | O9,5Iab + B1IV + B0III[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 40m 45.52666s[2] | |||
Deklinasie | −01° 56′ 34.2649″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,77[3] | |||
B-V-kleurindeks | −0,11 (A) −0,20 (B)[4] | |||
U-B-kleurindeks | −1,06[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,28[1] | |||
Absolute magnitude (M) | −3,9 | |||
Skynmagnitude (m) | 4,01[1] | |||
Absolute magnitude (M) | −4,1 | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | Aa | |||
Massa (M☉) | 33 ± 10[1] | |||
Radius (R☉) | 20 ± 3,2[1] | |||
Ligsterkte (L☉) | 250 000[1] | |||
Temperatuur (K) | 29 500 ± 1 000[1] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 110 ± 10[1] | |||
Komponent 2 | Ab | |||
Massa (M☉) | 14 ± 3[1] | |||
Radius (R☉) | 7,3 ± 1,0[1] | |||
Ligsterkte (L☉) | 32 000[1] | |||
Temperatuur (K) | 29 000[5] | |||
Komponent 3 | B | |||
Rotasiespoed (km/s) | 350[1] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 260 | |||
Ouderdom (jaar) | 6,4, 7,2, ~7 miljoen[1] | |||
Veelvoudigheid | 3 sterre | |||
Ander name | ||||
ζ Orionis, 50 Orionis, 126 G. Orionis, BD−02°1338, SAO 132444, HIP 26727, TD1 5127, WDS J05407-0157 | ||||
|
Die hoofster is ’n warm blou superreus met ’n absolute magnitude van -6; dit is helderste Klas O-ster in die naglug, met ’n skynbare magnitude van 2. Dit het twee blouerige metgeselsterre met ’n skynbare magnitude van 4, een vir seker vasgestel en die ander interferometries en spektroskopies waargeneem; saam het hulle ’n skynbare magnitude van 1,77. Die sterre is deel van die Orion OB1- en die Collinder 70-assosiasie.
Alnitak is sedert die antieke tyd bekend. Die Duitse amateursterrekundige George K. Kunowsky het in 1819 reeds vermoed dit is ’n dubbelster.[6] Veel meer onlangs, in 1998, het ’n span van die Lowell-sterrewag ontdek die helder hoofster het ’n nabygeleë metgesel, soos sedert die 1970's vermoed is.[7]
Alnitak is ’n dubbelsterstelsel aan die een kant van die Jagter se Belt; die hoofster van die 2de magnitude het ’n metgesel van die 4de magnitude wat sowat 3 boogsekondes weg is, in ’n wentelbaan van meer as 1 500 jaar. Die hoofster (Alnitak A) is self ’n dubbelster, wat bestaan uit Alnitak Aa (’n blou superreus van spektraaltipe O9,5Iab met ’n absolute magnitude van -6 en ’n skynbare magnitude van 2) en Alnitak Ab (’n blou subreus van tipe B1IV met ’n absolute magnitude van -3,9 en ’n skynbare magnitude van 4,3 wat in 1998 ontdek is.[7]).
Aa se massa is na raming tot 33 times keer dié van die Son en dit is 20 keer so groot. Dit is sowat 21 000 keer so helder soos die Son. Alnitak B is ’n Klas B-ster van die 4de magnitude wat elke 1 500 jaar om Alnitak A wentel. ’n Vierde ster, Alnitak C van die 9de magnitude, is nog nie bevestig as deel van die Aa-Ab-B-groep nie en lê dalk net skynbaar naby hulle.
Die Alnitak-stelsel word omring deur die newelagtigheid van IC 434.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.