From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Britse oorsese gebiede (Engels: British Overseas Territories) is 14 gebiede, wat geen deel van die kerngebied van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland uitmaak nie, maar wel deur die Verenigde Koninkryk beheer word. Die gebiede lê oorwegend buite Europa.
Die Britse oorsese gebiede was tot die British Overseas Territories Act 2002 Britse afhanklike gebiede genoem, wat met die British Nationality Act 1981 van 1981 ingevoer is. Tot 1981 het die gebiede as Britse kolonies of Britse kroonkolonies bekend gestaan.
Die eilande Guernsey, Jersey en Man word deur die Britse kroon beheer en het 'n ander status as die Verenigde Koninkryk self, en staan bekend as Britse Kroongebiede.
In die historiese konteks bestaan daar verskille tussen kolonies en protektorate wat onder Britse beheer, maar amptelik onafhanklike lande was.
Vlag | Wapen | Naam | Ligging | Leuse | Oppervlakte | Bevolking | Hoofstad |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Anguilla | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Unity, Strength and Endurance (Engels vir: "Eenheid, krag en uithouvermoë") |
146 km²[1] | 13 500[2] | The Valley | ||
Bermuda | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Quo Fata Ferunt (Latyn vir: "Waarheen ons die lot dra") |
54 km²[3] | 64 000 (2007-skatting)[4] | Hamilton | ||
Brits-Antarktiese Gebied | Antarktika | Research and discovery (Engels vir: "Navorsing en ontdekking") |
1 709 400 km²[1] | 50 winters; meer as 400 somers[5] | Rothera (hoofbasis) | ||
Britse Indiese Oseaangebied | Indiese Oseaan | In tutela nostra Limuria (Latyn vir: "Limuria is in ons beheer") |
46 km²[6] | Ongeveer 3000 Britse en Amerikaanse militêre en personeel.[7] | Diego Garcia (basis) | ||
Britse Maagde-eilande | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Vigilate (Latyn vir: "Wees waaksaam") |
153 km²[8] | 27 000 (2005-skatting)[8] | Road Town | ||
Falkland-eilande | Suid-Amerika en Atlantiese Oseaan | Desire the Right (Engels vir: "Begeer die regte ding") |
12 173 km²[3] | 2 955 (2006-sensus)[9] | Stanley | ||
Gibraltar | Iberiese Skiereiland | Montis Insignia Calpe (Latyn vir: "Kenteken van die Rots van Gibraltar") |
6,5 km²[10] | 28 800 (2005)[11] | Gibraltar | ||
Kaaimanseilande | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | He hath founded it upon the seas (Engels vir: "Hy het dit gegrond op die seë") |
264 km²[12] | 51 384[12] | George Town | ||
Montserrat | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | A people of excellence, moulded by nature, nurtured by God (Engels vir: "'n Volk van uitnemendheid, gevorm deur die natuur, gevoed deur God") |
101 km²[13] | 4 655 (2006-skatting)[13] | Plymouth (sedert 'n vulkaniese uitbarsting in 1997 'n spookdorp – de facto hoofstad is Brades) | ||
Pitcairneilande | Oseanië en Stille Oseaan | 45 km² (al die eilande)[14] |
51 (2008)[15] | Adamstown | |||
Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Afrika en Atlantiese Oseaan | Loyal and Unshakeable (Sint Helena) (Engels vir: "Lojaal en Onwankelbaar") Our faith is our strength (Tristan da Cunha) (Engels vir: "Ons geloof is ons sterkpunt") |
420 km² | 4 255 (slegs Saint Helena; 2008-sensus)[16] 1 275 (Ascension and Tristan da Cunha; skatting)[17] |
Jamestown | ||
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande | Suid-Amerika en Atlantiese Oseaan | Leo Terram Propriam Protegat (Latyn vir: "Laat [of mag] die Leeu sy eie land beskerm") |
4 066 km²[18] | 99[19] | King Edward Point/Grytviken | ||
Sowereine Militêre basisse van Akrotiri en Dhekelië | Middellandse See (Siprus) | 255 km²[20] | 14 000 (ongeveer die helfte is van die Britse militêre en personeel) | Episkopi | |||
Turks- en Caicoseilande | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Beautiful By Nature (Engels vir: "Natuurlik mooi") |
430 km²[21] | 32 000 (2006-skatting)[21] | Cockburn Town |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.