Bermuda
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Bermuda (Engels: [bərˈmjuːdə]) is 'n eilandgroep in die Wes-Atlantiese Oseaan, 'n entjie voor die kus van Noord-Amerika. Dit is 'n Britse oorsese gebiedsdeel onder soewereiniteit van die Verenigde Koninkryk, maar het sy eie plaaslike regering. Bermuda het 'n bevolking van 63 913 in 2019 gehad en 'n oppervlakte van 53,2 km². Die hoofstad is Hamilton en die grootste stad St. George’s, wat tot in 1815 as hoofstad van Bermuda gedien het. Die eiland is veral bekend vir die Bermudadriehoek en gewild onder toeriste.[5] Dit is ook die plek waar die Bermudabroek uitgevind is en gewildheid verwerf het.


Bermuda is in 1505 deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan de Bermúdez vir Europa ontdek en later na hom genoem.[6] Dié eiland is deur die Spaanse Ryk opgeëis, maar nooit deur Spanje gekoloniseer nie. Twee jaar ná die stigting van Jamestown in Virginië het Engelse onder leiding van die Virginia Company in Bermuda gevestig. St. George’s, dié eiland se eerste hoofstad, is in 1612 gestig[7] en tot in 1614 is dié eiland as deel van die kolonie in Virginië bestuur. In 1684 het die Engelse Kroon die beheer oorgeneem en Bermuda het in 1707, met die Act of Union 1707 wat die Koninkryk van Engeland en Koninkryk van Skotland tot die Koninkryk van Groot-Brittanje laat saamsmelt het, 'n Britse Kroonkolonie geword. Nadat Newfoundland in 1949 deel van Kanada geword het, het Bermuda die oudste oorblywende Britse oorsese gebied geword. Met die heraansluiting van Hongkong by China in 1997 het Bermuda die mees bevolkte afhanklike gebied geword (vanaf 2002 oorsese gebied). Bermuda word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[8] Die eilandgroep is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme en buitelandse bankdienste gebaseer.[1]
Remove ads
Sport
Krieket is Bermuda se gewildste sportsoort en word as nasionale sportsoort beskou.[9] In teenstelling met die meeste ander Britse oorsese gebiede van Wes-Indië stel Bermuda nie spelers vir die Wes-Indiese nasionale span beskikbaar nie en beskik pleks daarvan oor sy eie nasionale span. Dié nasionale span het vir die Krieketwêreldbeker 2007 in Wes-Indië gekwalifiseer. Daarmee het Bermuda volgens beide oppervlakte en bevolking die kleinste land geword wat daarin geslaag het.[10]
Remove ads
Boerekrygsgevangenes
Vyf van Bermuda se eilande is gebruik om ongeveer 5 000 Boerekrygsgevangenes tydens die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Anglo-Boereoorlog, te huisves. Die Boere is volgens hulle oortuigings ten opsigte van die oorlog op aparte eilande verdeel. Diegene wat geglo het dat die oorlog moes voortgaan is na Darrell's Eiland gestuur en is swaar bewaak. Morgan's Eiland het 884 man gehuisves, Tucker's Eiland 809, Burt's Eiland 607 en Port's Eiland 35, waar die hospitaalfasiliteite was.[11]
Die koerant The New York Times het verskeie stories oor Boerekrygsgevangenes in Bermuda gepubliseer, byvoorbeeld die poging tot muitery op pad na Bermuda toe, en die daaropvolgende krygswet wat op Darryll's Eiland gegeld het,[12] sowel as drie Boerekrygsgevanenes se ontsnapping na die vasteland van Bermuda[12] en ook oor die "avonture" van 'n jong Boeresoldaat wat op die stoomskip Trinidad in New York aangekom het.[12]
Remove ads
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
