Cameron van der Burgh
From Wikipedia, the free encyclopedia
Cameron van der Burgh OIS (gebore 25 Mei 1988, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse swemmer.[1] Hy neem sedert 2007 internasionaal aan swemkompetisies deel en het Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2008, 2012 en 2016 verteenwoordig.
Van der Burgh is in Pretoria gebaseer en word deur Dirk Lange afgerig. Hy is ’n student in B.Comm Regte aan die Universiteit van Pretoria.[2]