Statebondspele

From Wikipedia, the free encyclopedia

Statebondspele
Remove ads

Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat al om die vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word. Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Thumb
Kenteken van die Statebondspelevereniging, organiseerder van die Statebondspele
Thumb
Posseël ter herdenking van die Statebondspele van 1958

Alhoewel die Britse Statebond 56 lidlande het, is daar 74 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2026 in die Australiese deelstaat Victoria aangebied word.

Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Kaart van die boikot tydens die Statebondspele 1986

Die idee vir 'n kompetisie tussen die lande van die Britse Ryk is vir die eerste keer in 1891 deur ds. Astley Cooper voorgestel. Die eerste Britse Rykspele is daarna is 1930 aangebied. Die geleentheid se naam in 1954 na die Britse Ryk en Statebondspele verander. Daarna verander die naam na die Britse Statebondspele in 1970 en na die huidige naam van Statebondspele in 1978.

Nege nasies het die Statebondspele tot dusver aangebied. 19 stede in sewe lande het die geleentheid aangebied. Australië het vyf Statebondspele (1938, 1962, 1982, 2006 en 2018) aangebied. Kanada het vier Statebondspele (1930, 1954, 1978 en 1994) aangebied. Twee stede het die Statebondspele meer as een keer aangebied: Auckland (1950, 1990) en Edinburg (1970, 1986).

Die Statebondspele is twee keer aan Suid-Afrikaanse stede toegeken (1934 aan Johannesburg en 2022 aan Durban), maar albei geleenthede is gekanselleer, in 1934 weens die diskriminasie teen Swart en Asiatiese Atlete deur die Suid-Afrikaanse regering en in 2022 weens die gebreek aan finansiële middels deur die gasheer. Hierdie Statebondspele is aan Londen (1934) en Birmingham (2022) toegewys.

Twee uitgawes van die Statebondspele is deur verskeie lande geboikot. Nigerië het die Statebondspele van 1978 in Edmonton in protes teen Nieu-Seeland se sportkontakte met apartheid-Suid-Afrika geboikot. Uganda het ook nie aan hierdie spele deelgeneem nie in protes teen beweerde Kanadese vyandigheid teen die regering onder Idi Amin. In 1986 het 32 van die 50 kwalifiserende lande die Statebondspele in Edinburg geboikot in protes teen die sportkontakte van die Verenigde Koninkryk onder Margaret Thatcher met apartheid-Suid-Afrika.

Remove ads

Uitslae

Uitslae volgens jare

Meer inligting Uitgawe, Jaar ...

Nota: Die Inter-Ryk Kampioenskappe van 1911 in Londen word as 'n voorloper vir die moderne Statebondspele beskou, maar word gewoonlik nie as 'n amptelike uitgawe van die Spele self beskou nie.[4]

Statebondspele volgens gashere

Thumb
Ligging van die spele en die deelnemende lande:

 Gasheerlande of beplande gasheerlande

 Ander lande, wat by die spele aangesluit het

 Lande, wat by die spele aangesluit en dit weer verlaat het

Gasheerstede met jaar van die spele
Meer inligting No., Land ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads