Olimpiese Somerspele 2016

From Wikipedia, the free encyclopedia

Olimpiese Somerspele 2016
Remove ads

Die Olimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Olímpicos de Verão de 2016 [ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as die Spele van die XXXIste Olimpiade, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 11 238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillende sportsoorte deelgeneem. Die spanne van Kosovo en Suid-Soedan het vir die eerste keer aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem.[7]

Thumb
Maracanã-stadion in Rio de Janeiro
Spele van die XXXIe Olimpiade
Thumb

Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande 205 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 11 238 (6 179 mans, 5 059 vroue)[2]
Items 306 in 28 sporte[4]
Openingseremonie 5 Augustus 2016
Sluitingseremonie 21 Augustus 2016
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Michel Temer[6]
Atlete-eed Robert Scheidt (seilvaart)
Beampte-eed Martinho Nobre (atletiek)
Olimpiese vlam Vanderlei de Lima (atletiek)
Vorige Spele 2012: Londen (VK)
Volgende Spele 2020: Tokio (Japan)

Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele in Suid-Amerika, die tweede keer in 'n Latyns-Amerikaanse stad ná Meksikostad in 1968 en die eerste keer sedert 2000 (en derde algeheel) in die Suidelike Halfrond.[8] Naas Rio de Janeiro was Madrid, Tokio en Chicago kandidate vir die aanbied van die 2016-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Wayde van Niekerk, die naelloper wat in die 200 en 400 meter sou meeding, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[9]

Die Paralimpiese Somerspele 2016 is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.

Remove ads

Toewysing

Thumb
Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Thumb
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016:

 Verkose stad

 Kandidaatstede

 Aansoekende stede

Die stede wat die Somerspele wou aanbied het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aanvaar.[10] Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms in Athene. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio.[11] Bakoe (Azerbeidjan), Doha (Katar) en Praag (Tsjeggië) is uitgeskakel.[11] Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres in Kopenhagen as die verkose stad aangewys.[12][13] Tokio het uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 2020 geword.

Die stemming het as volg verloop:

Meer inligting Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2016, Stad ...
Remove ads

Sporte

Die IOK het tydens 'n kongres in Oktober 2009 besluit om sewesrugby en gholf weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers vir bofbal en sagtebal wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is.[15] Met 306 stelle van medaljes beskik die speletjies oor 28 Olimpiese sportsoorte. Hierdie sportbyeenkomste is op 33 plekke in die gasheerstad en op 5 plekke in die stede São Paulo (Brasilië se grootste stad), Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília (Brasilië se hoofstad) en Manaus beslis.

28 Olimpiese sportsoorte in 306 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 307 goue medaljes oorhandig.

Sokker

Sokkerwedstryde is in vyf stadions in die stede Sao Paulo, Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília en Manaus beslis. Al vyf was gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.

Remove ads

Stadions

Thumb
Kaart van die sportplekke
Thumb
Deodoro-stadion
Thumb
Arena da Amazônia in Manaus
Thumb
Arena Corinthians in São Paulo
Thumb
Arena Fonte Nova in Salvador da Bahia
Thumb
Estádio Nacional in Brasília
Thumb
Mineirão in Belo Horizonte

18 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2016 gebruik:

Meer inligting A, B ...
Meer inligting Nuwe wedstrydplekke, Sportplekke ...
Remove ads

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  UG Uitstallingsgala  SS Sluitingseremonie
Meer inligting Augustus, 3 Wo ...
Remove ads

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Thumb
Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die openingseremonie in die Maracanã-stadion

Suid-Afrika het in totaal 2 goue, 6 silwer- en 2 bronsmedalje gewen:

  • Wayde van Niekerk het 'n goue medalje in die 400 m-naellope vir mans met 'n nuwe wêreldrekord van 43,03 sekondes gewen.
  • Caster Semenya het 'n goue medalje in die 800 m-naellope vir vroue gewen.
  • Cameron van der Burgh het silwer in die 100 m-borsslag vir mans gewen.
  • Chad le Clos het silwer in die 200 m-vryslag en 100 m-vlinderslag vir mans gewen.
  • Lawrence Brittain en Shaun Keeling het silwer in die tweeroeier sonder stuurman vir mans gewen.
  • Luvo Manyonga het silwer in verspring vir mans gewen.
  • Sunette Viljoen het silwer in spiesgooi vir vroue gewen.
  • Suid-Afrika se sewesrugbyspan wen brons in die toernooi vir mans nadat hulle Japan in die klein finale geklop het.
  • Henri Schoeman wen brons in die driekamp vir mans.
Remove ads

Getal medaljes

Thumb
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2016 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

Meer inligting Plek, Land ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads