Chevrolet Aveo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Chevrolet Aveo is 'n subkompakte- (of superminimotor) wat sedert 2002 vervaardig word, oorspronklik deur die Suid-Koreaanse General Motors (GM) filiaal, GM Daewoo - en later ook deur ander GM-geaffilieerde entiteite. Dit word wêreldwyd bemark in 120 lande onder ses handelsmerke (Chevrolet, Daewoo, Holden, Pontiac, Suzuki, en ZAZ).[1] Die eerste geslag Aveo was oorspronklik die Daewoo Kalos genoem in sy tuismark, Suid-Korea, asook in baie uitvoermarkte. Suid-Koreaanse modelle was later as Daewoo Gentra gemerk, terwyl die eerstegeslagmodel bemark is as die Holden Barina in Australasië, Pontiac G3 in die Verenigde State van Amerika en later in Kanada as die Pontiac Wave en ook Suzuki Swift+.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | General Motors |
Produksie | 2002–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Subkompakte motor (B-segment) |
Uitleg | Dwarsvoorenjin, voorwieldryf |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Daewoo Lanos |
Die tweede geslag Aveo se debuut was in Januarie 2011, wêreldwyd bemark as die Chevrolet Aveo;[2][3] in Noord-Amerika, die Midde-Ooste, Chili, Israel, Japan, Meksiko en Suid-Afrika[4] as die Chevrolet Sonic;[5] en in Australasië as die Holden Barina.