From Wikipedia, the free encyclopedia
Elnath (ook bekend as Beta Tauri of β Tau) is met sy skynbare magnitude van 1,65 die tweede helderste ster in die sterrebeeld Bul en een van die helderste sterre in die naglug. Dit is ’n chemies uitsonderlike B7-reusester wat 134 ligjare van die Son af is. Dit was voorheen bekend as Gamma Aurigae.
Elnath
| ||||
Elnath se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Bul | |||
Bayer-naam | Beta Tauri | |||
Spektraaltipe | B7 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 26m 17.51312s[2] | |||
Deklinasie | 28° 36′ 26.8262″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,65[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -1,42[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,13[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,49[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 5,0 ± 0,1[5] | |||
Radius (R☉) | 4,2[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 700[7] | |||
Ouderdom (jaar) | 100 ± 10[5] | |||
Temperatuur (K) | 13 824 ± 475[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 59[8] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,08[8] | |||
Ander name | ||||
112 Tauri, +28°795, FK5 202, HD 35497, HIP 25428, HR 1791, SAO 77168, CCDM 05263+2836, GC 6681 | ||||
|
Die ster het twee Bayer-name: "β Tauri" en "γ Aurigae". Ptolemeus het gereken dit word deur die sterrebeeld Koetsier gedeel en Johann Bayer het dit name in albei sterrebeelde gegee. Vandat die moderne sterrebeelde se grense in 1930 vasgepen is, word die naam γ Aurigae nie eintlik meer gebruik nie.[9]
Die tradisionele naam, "Elnath", ook gespel "El Nath" of "Alnath", kom van die Arabiese woord النطح an-naţħ, "die bul se horings". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[10] die naam "Elnath" vir die ster goedgekeur.
Elnath se absolute magnitude is -1,34, nes dié van nog ’n ster in die Bul, Maia in die sterreswerm Plejades. Nes Maia is β Tauri ’n B-tipe reusester met ’n ligsterkte van 700 keer dié van die Son.[7] Dit het weg van die hoofreeks geëvolueer om ’n reusester te word wat groter en koeler is as toe dit in die hoofreeks was.[11] Omdat dit sowat 130 ligjare van die Son af is, in teenstelling met Maia se 360 ligjare, word dit as die Bul se tweede helderste ster beskou.
Dit is ’n kwik-mangaanster, ’n soort niemagnetiese, chemies uitsonderlike ster met buitengewoon groot tekens van sommige swaar metale in sy spektrum.[8] Die ster het ’n hoë voorkoms van mangaan in vergelyking met die Son, maar min kalsium en magnesium.[7][12]
β Tauri lê naby ’n groot groep newels en sterreswerms, insluitende M36, M37 en M38. Dit is 5,39 grade noord van die sonnebaan en kan dus deur die Maan verduister word, soos in 2007.
Daar is ’n dowwe ster naby aan Elnath en sommige sterrekundiges beskou hulle as ’n dubbelster. Die metgesel, bekend as BD+28 795B, is met 33,4 boogsekondes van die hoofster geskei.[13][14]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.