Geelbek

From Wikipedia, the free encyclopedia

Geelbek
Remove ads

Die geelbek (Atractoscion aequidens) is 'n seevis wat aangetref word vanaf Tafelbaai al langs KwaZulu-Natal se kus tot by die suide van Mosambiek. Die vis word ook aangetref aan die weskus van Afrika, vanaf die Golf van Guinee tot by Angola. Die vis word ook aangetref in Australië waar dit bekend staan as teraglin.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Voorkoms

Die binnekant van die bek en die kieudeksel is geel. Die stert is konkaaf en die vis is silwer terwyl die rug 'n koperkleurige skynsel het. Die pens is wit. Die vis word tot 1,2m lank en weeg dan 11,2 kg. Die IGFA rekord is 14,9 kg wat by Algoabaai gevang is.

Habitat

Hulle kom voor in water wat 15 – 50 m diep is oor sanderige bodems, rotsriwwe en naby skeepswrakke. Die onvolwasse vissies word soms in strandmere gevind. Die vis leef in skole wat hulle onderhewig maak aan oorbenutting. Hulle eet maasbankers, makriel en sardyne. Die volwasse visse migreer gedurende die lente vanaf die Wes- en Oos-Kaap tot by die kus van KwaZulu-Natal om te broei. Die vis moet nie verwar word met die geelstert nie. Dit is 'n waardevolle eetvis.

Die vis word oorbevis deur kommersiële en ontspanningshengelaars en sy getalle het drasties verminder.[4]

Remove ads

Sien ook

Bronne

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads