From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Huis van Plantagenêt het van 1154 tot 1485 oor Engeland regeer. Dit was oorspronklik die Huis van Anjou, ook die Angevyne genoem, en dié het later verdeel in die Huis van Lancaster en die Huis van York.
Huis van Plantagenêt | |
---|---|
Wapen van die Huis van Plantagenêt. | |
Titels | Koning van Engeland Koning van Frankryk Lord van Ierland Prins van Wallis Graaf van Anjou |
Primêre huis | Huis van Anjou |
Voorganger | Huis van Normandië |
Opvolger | Huis van Tudor |
Stigter | Hendrik II |
Laaste heerser | Richard III |
Die dinastie het ook Wallis en Ierland verower en oor groot dele van Frankryk regeer: Normandië, Akwitanië, Maine, Anjou, Touraine, Gascogne en Saintonge. Koning Jan Sonder Land het egter al sy Franse grondgebied in die Honderdjarige Oorlog verloor; in 1453 was net Calais nog in Engelse hande.
Die naam Plantagenêt is nie deur die dinastie se eerste konings gebruik nie. Richard van York, die pa van Eduard IV en Richard III, was die eerste monarg wat dit gebruik het, vanaf c. 1448. Dit is afgelei van Planta genesta, die Latynse naam vir die brem-plant. Dit was die bynaam van die huis se stamvader, Godfried V van Anjou, wat glo die gewoonte gehad het om ’n bremtakkie op sy hoed te dra.
Godfried V, die Graaf van Anjou, het met Matilda, dogter en erfgenaam van die Engelse koning Hendrik I getrou. Ná Hendrik se dood in 1135 is Stefanus van Blois egter tot koning van Engeland gekroon. Dit het tot ’n burgeroorlog gelei. Matilda het Engeland in 1139 binnegeval en Stefanus in 1141 verslaan. Hy is gedwing om Hendrik, die seun van Matilda en Godfried, as sy erfgenaam te erken. So het Hendrik na Stefanus se dood in 1154 die troon bestyg as Hendrik II, die eerste Plantagenêt-koning van Engeland.
Aan die einde van die 14de eeu het die huis verdeel in twee takke, die Huis van York en die Huis van Lancaster, wat slaags geraak het oor die troon tydens die Rose-oorlog.
In 1461 is die Rose-oorlog beëindig en het die Huis van Tudor aan die bewind gekom toe Hendrik VII Richard III verslaan het. Hendrik VII het egter van moederskant afgestam van Jan van Gent, die vierde seun van Eduard III, en het dus die Plantagenêt-lyn indirek voortgesit.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik II (Henri Court-mantel) 19 Desember 1154–1189[1] | 5 Maart 1133 Le Mans seun van Geoffrey van Anjou en Matilda[1] | Eleanor van Aquitanië Bordeaux-katedraal 18 Mei 1152 agt kinders[1] | 6 Julie 1189 Château Chinon op 56.[1] Begrawe in Fontevraud-abdy | |
Hendrik die Jong Koning (Henri le Jeune Roy) (mederegent met sy pa) 14 Junie 1170–1183 | 28 Februarie 1155
seun van Hendrik II en Eleanor van Aquitanië |
Marguerite van Frankryk Winchester-katedraal 27 Augustus 1172 een kind |
11 Junie 1183 Martel, Limoges op 28. Begrawe in Rouen-katedraal (Notre-Dame) | |
Richard I (Richard die Leeuehart) 3 September 1189–1199[1] | 8 September 1157 Beaumont-paleis seun van Hendrik II en Eleanor of Aquitanië[1] | Berengaria van Navarre Limassol 12 Mei 1191 geen kinders[1] | 6 April 1199 Chalus op 41.[1] Begrawe in Rouen-katedraal. Liggaam in Fontevraud-abdy | |
Jan (Jan Sonder Land) 27 Mei 1199–1216[2] | 24 Desember 1167 Beaumont-paleis seun van Hendrik II en Eleanor van Aquitanië[2] | (1) Isabel van Gloucester Marlborough-kasteel 29 Augustus 1189 geen kinders (2) Isabella van Angoulême |
19 Oktober 1216 Newark-kasteel op 48.[2] Begrawe in Worcester-katedraal | |
Hendrik III (Hendrik van Winchester) 28 Oktober 1216–1272[3] | 1 Oktober 1207 Winchester-kasteel seun van Jan en Isabella van Angoulême[3] | Eleanor van Provence Kantelberg-katedraal 14 Januarie 1236 nege kinders[3] | 16 November 1272 Westminster-paleis op 65[3] | |
Eduard I 20 November 1272–1307[4] | 17 Junie 1239 Westminster-paleis seun van Hendrik III en Eleanor van Provence[4] | (1) Eleanor van Kastilië Abdy van Santa Maria la Real de Huelgas 18 Oktober 1254 17 kinders (2) Marguerite van Frankryk |
7 Julie 1307 Burgh by Sands op 68[4] | |
Eduard II 7 Julie 1307 – 25 Januarie 1327[5] | 25 April 1284 Caernarfon-kasteel seun van Eduard I en Eleanor van Kastilië[5] | Isabella van Frankryk Boulogne-katedraal 25 Januarie 1308 vyf kinders[5] | 21 September 1327 Berkeley-kasteel op 43 (vermoor)[5] | |
Eduard III 25 Januarie 1327–1377[6] | 13 November 1312 Windsor-kasteel seun van Eduard II en Isabella van Frankryk[6] | Philippa van Hainault York Minster 24 Januarie 1328 14 kinders[6] | 21 Junie 1377 Sheen-paleis op 64[6] | |
Richard II 21 Junie 1377 – 29 September 1399[7] | 6 Januarie 1367 Bordeaux seun van Eduard die Swart Prins en Joan van Kent[7] | (1) Anne van Boheme 14 Januarie 1382 geen kinders |
14 Februarie 1400 Pontefract-kasteel op 33[7] |
Dié huis stam af van Eduard III se derde oudste oorlewende seun, John van Gaunt.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik IV (Hendrik Bolingbroke) 30 September 1399–1413[8] | 3 April 1366/7 Bolingbroke-kasteel seun van John van Gaunt en Blanche van Lancaster[8] | (1) Mary de Bohun Arundel Castle 27 Julie 1380 sewe kinders (2) Joanna van Navarre |
20 Maart 1413 Westminster-abdy op 45 of 46[9] | |
Hendrik V 20 Maart 1413–1422[8] | 9 Augustus 1387 (of 16 September) Monmouth-kasteel seun van Hendrik IV en Mary de Bohun[8] | Catherine van Valois Troyes-katedraal 2 Junie 1420 een seun[8] | 31 Augustus 1422 Château de Vincennes op 35[8] | |
Hendrik VI 31 Augustus 1422 – 4 Maart 1461[10] |
6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[10] |
Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[10] |
21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[10] |
Die Huis van York stam af van Edmund van Langley, 1ste Hertog van York, die vierde oudste oorlewende seun van Eduard III.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VI 2 Oktober 1470 – 11 April 1471[10] |
6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[10] |
Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[10] |
21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[10] |
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 11 April 1471 – 9 April 1483[11] |
28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[11] |
Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[11] |
9 April 1483 Westminster-paleis op 40[11] | |
Eduard V 9 April – 25 Junie 1483[12] | 2 November 1470 Westminster seun van Eduard IV en Elizabeth Woodville[12] | ongetroud | c. 1483 Londen op sowat 12 (vermoor)[13] | |
Richard III 26 Junie 1483–1485[14] | 2 Oktober 1452 Fotheringhay-kasteel seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[15] | Anne Neville Westminster-abdy 12 Julie 1472 een seun[15] | 22 Augustus 1485 Bosworth Field op 32 (in ’n geveg)[15] |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.