Iguanodon ("iguana-tand") is ’n genus dinosourusse wat rofweg tussen die eerste van die vinnige, tweevoetige Hypsilophodontidae van die Middel-Jura-periode en die Hadrosauridae van die Laat Kryt voorgekom het. Hoewel baie spesies van die Laat Jura tot die Laat Kryt in die genus geklassifiseer is, het navorsing in die eerste dekade van die 21ste eeu daarop gedui dat daar net een goed bevestigde spesie, I. bernissartensis, is. Dié het van die Laat Barremium- tot Vroeë Aptium-tydsnede[1] geleef, tussen 126 en 125 miljoen jaar gelede.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Spesies ...
Iguanodon
Tydperk: Vroeë Kryt
126–125 m. jaar gelede
Thumb
I. bernissartensis (Belgiese Natuurhistoriese Instituut, Brussel).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Iguanodontia
Familie:
Iguanodontidae
Genus:
Iguanodon

(Mantell, 1825)
Spesies
  • I. bernissartensis
  • I. ottingeri?
Sluit
Kitsfeite Iguanodon, Kladistiese klassifikasie ...
Iguanodon
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Ornithischia
Klade: Ornithopoda
Klade: Hadrosauriformes
Familie: Iguanodontidae
Genus: Iguanodon
(Mantell, 1825)
Sluit

Iguanodon was groot, stewige plantvreters. Hulle het onder meer groot stekels aan hul duime gehad wat moontlik gebruik is om hulself teen aanvallers te beskerm.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.