Ismael in Islam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ismā'īl (Arabies: إسماعيل) is die Arabiese naam van die Bybelfiguur Ismael. Hy was die seun van Ibrahim (Abraham) en Hajar (Hagar). Hy word in Islam beskou as ’n profeet en ’n voorvader van Mohammed. Hy word ook verbind met Mekka en die bou van die Kaäba, die heiligste plek in Islam.
Kitsfeite
ʾIsmāʿīl إسماعيل Ismael | ||
Islamitiese profeet | ||
Abraham gereed om Ismael te offer. | ||
Plaaslike naam | إسماعيل | |
Gebore | c. 2424 VH (c. 1800 v.C.) Palestina | |
Oorlede | Mekka, Arabië | |
Familie | ||
Vader | Ibrahim | |
Moeder | Hajar | |
Ander | Isak (broer) |
Sluit
Ismael se verhaal word vertel in die Koran, hadit-versamelings en ander Islamitiese geskrifte.[1] Sy naam beteken "God sal hoor".