Mohammed
Arabiese politieke leier en die stigter van Islam From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Mohammed of Moegammad[nota 1] (570 – 8 Junie 632; Arabies: محمد, Muḥammad, [muħammad]) was ’n religieuse, politieke en militêre leier van Mekka.[2][3][4] Hy het Arabië onder ’n Islamitiese regeringsvorm verenig. Die Moslems en Baha’i glo hy is ’n profeet van God. Die Moslems beskou hom as die hersteller van die onveranderde oorspronklike monoteïstiese geloof van Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesus en ander profete.[5][6][7][8]

Remove ads
Lewensloop
Daar is geen bronne uit die tyd van Mohammed waaruit ’n lewensbeskrywing saamgestel kan word nie. Die oudste geskrif wat bekend is, is die Sira van Ibn Ishaq (byna 750); ander lewensbeskrywings is (gedeeltelik) daarop gebaseer.
Jeug
Mohammed is op 29 Augustus 570 n.C.[9] in die Arabiese stad Mekka gebore; sy geboortedag word op Mawlid an-Nabi herdenk. Sy vader, wie se naam Abdullah was, het ’n maand voor Mohammed se geboorte gesterf. Sy moeder, Amina, is oorlede toe hy drie jaar oud was, en sy pleegmoeder, ’n Bedoeïen, toe hy ses was. Daarna het sy oupa, Abd al-Muttalib, twee jaar lank vir hom gesorg. Na die afsterwe van sy oupa het sy oom, Abu Talib, vir hom gesorg – ook tydens Mohammed se volwasse lewe.
Profeetskap
In 610, toe Muhammad 40 jaar oud was, het hy na die berg Jabal an-Noer naby Mekka gestap. Volgens die Islamitiese geloof het die engel Gabriël hom in die Hira-grot op die berg ontmoet. Mohammed het flou geword toe hy die engel sien omdat hy verstom was oor hoe groot hy was. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[10][11] Hieronder is wat die engel vir Mohammed gesê het:
Lees in die Naam van u Heer, die Skepper –
wat die mens uit ’n bloeddruppel skep.
Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige,
wat deur middel van die pen onderrig,
die mens leer wat hy nie geken het nie.[12]
Toe Mohammed by sy huis en vrou Khadijah terugkom het hy vir haar alles vertel wat gebeur het. Daarna het hy nuwe openbaringe ontvang en opdrag gekry om die boodskap wat God aan hom gegee het te verkondig. Toe Mohammed die eerste keer preek, was die meeste van Mekka se inwoners, wat destyds nog afgode aanbid het, nie baie ingenome nie. Maar daar was ook mense wat na sy prediking en boodskappe geluister het. Hulle was die eerste volgelinge van die nuwe Islamitiese godsdiens.
Leiers van Mekka het Mohammed se aanhangers gestraf en gemartel. Party van die gelowiges is deur die Mekka-leiers die doodstraf opgelê. Mohammed het hierdie dade teengestaan en voortgegaan om Islam te bevorder.
Remove ads
Notas
- Die spelling wat in die Afrikaanse Koran gebruik word.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads