Jeppestown
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jeppestown (in die volksmond gewoonlik afgekort tot Jeppe) is ’n oostelike voorstad van Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika. Dit word begrens deur onder meer Troyeville, Marshalltown, Benrose, Kensington, Reynolds View, Belgravia, Wolhuter, Spes Bona en Malvern. Die voorstad se naamgewers, die Jeppes, was Duitse immigrante wat vanuit Rostock in die huidige Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere na Suid-Afrika geëmigreer het. Vyf van hulle, die broers Fred, Hermann en Julius, en laasgenoemde se seuns Carl en Julius, het 'n belangrike rol in die geskiedenis van die vroeë Transvaal en Johannesburg gespeel.[2]
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Jeppestown | |
---|---|
Voorstad | |
Koördinate: 26°12′15″S 28°4′22″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,83 km2 (0,71 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 14 795 |
• Digtheid | 8 085/km2 (20 940/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.1% |
• Indiërs/Asiërs | 2.0% |
• Bruin mense | 3.6% |
• Swart mense | 89.3% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 55.8% |
• Engels | 13.2% |
• Xhosa | 5.0% |
• Afrikaans | 3.4% |
• Ander | 22.6% |
Poskode (strate) | 2094 |
Poskode (posbusse) | 2043 |
Sluit