KV3
From Wikipedia, the free encyclopedia
KV3 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit was bedoel vir 'n ongeïdentifiseerde seun van Ramses III in die vroeë 20ste Dinastie.
Kitsfeite
KV3 | ||
Grafkelder van 'n seun van Ramses III | ||
Die ingang na KV3. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Oop in antieke tye | |
Uitgrawings deur | Edward Ayrton (1904-'06) Harry Burton (1912) | |
Versiering | Rames III en 'n prins voor verskeie gode. | |
Uitleg | Reguit as | |
Sluit
Dit het 'n reguit as, wat tipies was van dié dinastie. 'n Skerf met inskripsies op vertel van die stigting van 'n grafkelder vir 'n prins, waarskynlik KV3.[1] Die onvoltooide aard van 'n paar kamers en 'n gebrek aan bewyse dui daarop dat dit nooit gebruik is nie.