Kevin Starr
Amerikaanse geskiedkundige / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kevin Owen Starr (San Francisco, 3 September 1940, † 14 Januarie 2017[1][2]) was 'n Amerikaanse geskiedkundige wat vanaf 1989 tot sy afsterwe in 2017 'n leerstoel in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Kalifornië (USC) te Los Angeles en tussen 1994 en 2004 ook die amp van Kaliforniese staatsbibliotekaris beklee het.
Amerikaanse geskiedkundige,
skrywer en
staatsbibliotekaris van Kalifornië
Akademiese opleiding
Universiteit van San Francisco
(B.A. in 1962)
Harvard-universiteit
(M.S. in 1965, PhD in 1969)
Universiteit van Kalifornië te Berkeley
(M.S. in 1974)
Leerstoel
Geskiedenis
Universiteit van Kalifornië (USC), Los Angeles
Bekende werke
Americans and the California Dream
Toekennings
National Humanities Medal (2006)
deur pres. George W. Bush
Handtekening
Star, wat uit 'n beskeie agtergrond gekom het, het bekendheid verwerf as die skrywer van 'n omvattende boekreeks oor die geskiedenis van Kalifornië wat in agt boekdele gepubliseer is en onder die gesamentlike titel Americans and the California Dream bekendstaan. Kevin Starr het sy tyd tussen San Francisco en Los Angeles verdeel.[3] Hy was getroud met Sheila Gordon.