14 Januarie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
14 Januarie is die veertiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 351 dae in die res van die jaar (352 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
Gebeure
- 1301 – Die Árpád-dinastie in Hongarye eindig.
- 1460 – Pous Pius II proklameer ’n nuwe kruistog teen die Turke.
- 1506 – Pous Julius II koop die Laocoon-groep vir die Vatikaanse museum.
- 1664 – Pous Alexander VII stel twaalf nuwe kardinale aan, waaronder Girolamo Boncompagni, aartsbiskop van Bologna.
- 1764 – Pous Clemens XIII publiseer Ubi primum accepimus – Gelukwensing aan Aartshertog Joseph van Oostenryk met sy verkiesing as Duitse koning.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Casablanca Konferensie begin.
- 1954 – Joe DiMaggio trou met Marilyn Monroe.
- 1972 – Koningin Margrethe II bestyg die troon kragtens 'n nuwe opvolgingswet.
- 1993 – Suid-Afrika onderteken die VN konvensie wat die gebruik van chemiese wapens verbied.
- 1994 – Die ANC maak sy Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) bekend.
- 2004 – Die nasionale vlag van Georgië, die sogenaamde Vyf-kruisevlag, word tot amptelike gebruik herstel ná 'n onderbreking van ongeveer 500 jaar.
- 2024 – Nadat Margrethe II ten gunste van haar oudste seun abdikeer het, lê Frederik X die ampseed as nuwe koning van Denemarke af.
Remove ads
Geboortes
- 83 v.C. – Marcus Antonius († 30 v.C.).
- 771 – Konstantyn VI, keiser van die Bisantynse Ryk († Circa 805).
- 1131 – Waldemar I van Denemarke († 1182).
- 1850 – Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland, die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1908).
- 1875 – Albert Schweitzer, Duitse filosoof en fisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Vrede (1952) († 1965).
- 1901 – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus († 1983).
- 1902 – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer († 1985).
- 1916 – Bun Booyens, Afrikaanse kultuurhistorikus († 2010).
- 1918 – Demetrios Tsafendas, wat Eerste minister Dr. Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 vermoor het. (1999).
- 1925 – Yukio Mishima, Japannese skrywer, digter, draaiboekskrywer, akteur, regisseur, nasionalis en stigter van die Tate no kai († 1970).
- 1937 – Hendrik Jan Marsman, Nederlandse skrywer, digter, romansier en vertaler († 2012).
- 1937 – Bent Mejding, Deense akteur en regisseur († 2024).
- 1941 – Faye Dunaway, Amerikaanse aktrise.
- 1942 – Amichand Rajbansi, Suid-Afrikaanse politikus († 2011).
- 1943 – Mariss Jansons, 'n Letlandse dirigent († 2019).
- 1969 – Jason Bateman, Amerikaanse akteur.
- 1973 – Giancarlo Fisichella, Italiaanse professionele renjaer.
- 1994 – Dricus du Plessis Suid-Afrikaanse professionele gemengde gevegskunstenaar
Remove ads
Sterftes
- 1648 – Casparus Barlaeus, Nederlandse humanis en skrywer (* 1584).
- 1742 – Edmond Halley, ’n Britse sterrekundige, direkteur van die Greenwich-sterrewag en ontdekker van Halley se Komeet (* 1656).
- 1752 – George Berkeley, Ierse filosoof (* 1685).
- 1766 – Frederik V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1723).
- 1867 – Jean Auguste Dominique Ingres, Franse skilder (* 1780).
- 1917 – Ben Viljoen, Suid-Afrikaanse kryger (* 1869).
- 1957 – Humphrey Bogart, Amerikaanse akteur (* 1899).
- 1972 – Frederik IX van Denemarke (* 1899).
- 1977 – Anaïs Nin, Amerikaanse essayis, romansier en kortverhaalskryfster (* 1903).
- 1978 – Kurt Gödel, Oostenrykse wiskundige (* 1906).
- 1984 – Koos du Plessis, Suid-Afrikaanse musikant (* 1945).
- 2016 – Alan Rickman, Bitse akteur (* 1946).
- 2017 − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige (* 1940).
- 2019 – Paweł Adamowicz, Poolse politikus (* 1965).
- 2019 – Wilf Rosenburg, Springbokrugbyspeler (* 1934).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 January. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads