From Wikipedia, the free encyclopedia
Die maanhaarstompie (Mimetes fimbriifolius) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor op die Kaapse Skiereiland. Die struik is regop en word 3.5 m hoog. Die struik blom regdeur die jaar maar dra van Julie tot Desember die meeste blomme. Die plant word geklassifiseer as 'n boom en sy unieke nommer is: 72.2.
Maanhaarstompie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. fimbriifolius |
Binomiale naam | |
Mimetes fimbriifolius Salisb. ex Knight, (1809) | |
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0-1 100 m.
In Engels staan dit as die Tree Pagoda bekend.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.