Mainz

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mainz
Remove ads

Mainz is die hoofstad en grootste stad van die Duitse deelstaat Rynland-Palts. Mainz, wat teenoor die monding van die Mainrivier in die Ryn en Wiesbaden, die hoofstad van die deelstaat Hesse, geleë is, is die setel van 'n universiteit, 'n Rooms-Katolieke bisdom en 'n aantal televisie- en radiomaatskappye. Mainz se domkerk is saam met die domkerke in Speyer en Worms een van die drie Romaanse keiserdomkerke. Die stad staan daarnaas as een van die sentra van die Rynse karnaval bekend. Die grootste stede in die omgewing naas Wiesbaden is Ludwigshafen, Mannheim, Darmstadt en Frankfurt am Main.

Thumb
Domkerk van Mainz

Mainz
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Rynland-Palts
 Koördinate 50°0′N 8°16′O
 Stigting 13/12 v.C. (Mogontiacum)
 Stadstatus 1244 (Vrye Stad)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 97,76 vk km
 Hoogte bo seevlak 82-245 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2017) 215 110
 - Bevolkingsdigtheid 2 200/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Michael Ebling (SPD)
 Amptelike webwerf www.mainz.de

Mainz was een van die Asjkenasiese Jode se hoofsentra in die Middeleeuse Heilige Romeinse Ryk. In 2021 is die drie SchUM-stede Mainz, Speyer en Worms (afgelei van die hoofletters van die Hebreeuse name van die drie stede Sjin (Sj, ש) vir Sjpira (שפירא, Speyer), Waw (U ו) vir Warmaisa (Worms) en Mem (M מ) vir Magenza (Mainz) deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads