Pablo Escobar
Colombiaanse dwelm smokkelaar / From Wikipedia, the free encyclopedia
Pablo Emilio Escobar Gaviria (Spaans: [ˈpaβ̞lo eˈmiljo eskoˈβ̞aɾ ɣ̞aˈβ̞iɾja]; 1 Desember 1949 - 2 Desember 1993) was 'n Colombiaanse dwelmbaron. Sy kartel het 'n beraamde 80% van die kokaïen gesmokkel in die Verenigde State op die hoogtepunt van sy loopbaan, met oor U$21.9 miljard 'n jaar in persoonlike inkomste.[1][2] Hy was dikwels genoem "Die Koning van Kokaïen" en was die rykste krimineel in geskiedenis, met 'n geskatte netto waarde van tussen US$25 en U$30 miljard in die vroeë 1990's.[3][4] Dit maak hom een van die rykste mense in die wêreld in sy fleur.[5]
Pablo Escobar | |
---|---|
Gebore | Pablo Emilio Escobar Gaviria (1949-12-01)1 Desember 1949 Rionegro, Colombia |
Sterf | 2 Desember 1993 (op 44) |
Beroep | Dwelmbaron |
Bekend vir | Stigter van die Medellín kartel, en politikus |
Escobar is gebore in Rionegro, Colombia, en het grootgeword in die nabygeleë Medellín. Hy het begin betrokke te raak in kriminele aktiwiteite soos die smokkel van sigarette en vals lotto kaartjies, en begin deelneem in voertuig diefstal. In die 1970's, het hy begin om te werk vir verskeie smokkelaars wat dikwels mense otvoer het vir 'n losprys voor hy begin kokaïen versprei het, sowel as die stigting van die eerste smokkel roetes in Amerika in 1975. Sy infiltrasie van die dwelm mark van Amerika het eksponensieel uitgebrei as gevolg van die stygende vraag na kokaïen; en deur die 1980's, was dit beraam dat 70 te 80 ton kokaïen verskeep van Colombia na Amerika toe maandelikse. Sy dwelm-netwerk was algemeen bekend as die Medellín Kartel.