From Wikipedia, the free encyclopedia
Die poinsettia (Euphorbia pulcherrima) is ’n belangrike plantspesie van die uiteenlopende melkkruidfamilie, Euphorbiaceae, wat inheems is aan Meksiko en Sentraal-Amerika. Dit is veral bekend vir sy rooi en groen blare en sy gebruik in Kersrangskikkings. Dit is 'n indringerplant in Suid-Afrika.
Poinsettia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | Euphorbieae |
Genus: | |
Spesie: | E. pulcherrima |
Binomiale naam | |
Euphorbia pulcherrima Willd. ex Klotzsch, (1834) | |
Sinonieme | |
|
Euphorbia pulcherrima is ’n struik of klein boom wat gewoonlik sowat 0,6 tot 4 meter hoog word. Dit het donkergroen, getande blare van sowat 7 tot 16 cm lank. Die blomme is klein en onopvallend, maar die gekleurde skutblare is meestal helderrooi. Hulle kan egter ook oranje, groen, roomkleurig, pienk of wit wees.
Die kleure word deur ligperiodes geskep, wat beteken die plant verg donkerte (12 uur op ’n slag, minstens vyf dae in ’n ry) om van kleur te verander. Deur die dag moet dit weer volop lig kry vir die helderste kleur.[1]
Daar is meer as 100 variëteite.[2][3] In dele waar dit nie natuurlik voorkom nie, word dit gewoonlik as ’n huisplant gegroei, maar dit aard ook buite, waar dit goeie oggendson verkies en dan skadu tydens die warm deel van die dag. Hulle kan ook in die winter buite gehou word in rypvrye gebiede.
Poinsettias kan verskeie siektes kry – meestal swamsiektes, maar ook bakterieë en parasiete. As die blare silwerkleurige vlekke ophet, het dit silwerblaarvirus en moet die plant vernietig word aangesien daar geen kuur voor is nie.[4]
Die melksap van die plant is effens giftig.[5] Dit kan ’n allergiese reaksie by sensitiewe mense veroorsaak.[6] Dit kan ook die vel en maag irriteer,[7] en as dit geëet word, soms diarree en vomering veroorsaak.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.