From Wikipedia, the free encyclopedia
Richard Dawson Kiel was 'n Amerikaanse akteur en komediant. Kiel is veral bekend vir sy rol as Jaws, die boef met metaaltande, in die James Bond-rolprente, The Spy Who Loved Me en Moonraker.
Richard Kiel | |
Kiel in 2014 | |
Geboorte | 13 September 1939 Detroit, Michigan |
---|---|
Sterfte | 10 September 2014 Fresno, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Akteur, komediant |
Aktiewe jare | 1960–2014 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
As 2,18 m lange akteur het hy veral rolle as reus en boef vertolk. In Moonraker mag hy sy komiese talent wys. Ná 'n mislukte sluipmoordpoging op Bond in Rio de Janeiro word hy die slagoffer van 'n kabelspoor-ongeluk. Hy word deur 'n klein blonde vrou gered, raak verlief op haar en weier vervolgens om aan sy boosdoener-baas gehoorsaam te wees.
Richard Kiel is op 13 September 1939 in Detroit, Michigan in die Verenigde State van Amerika gebore.
Kiel trou in 1960 met Faye Daniels, maar hulle is in 1973 geskei. Daarna was hy vanaf 1974 tot sy dood met Diane Rogers getroud. Kiel en Rogers het vier kinders gehad.
Hy is op 10 September 2014 in Fresno, Kalifornië, slegs 3 dae voor sy 75ste verjaarsdag oorlede.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.