Silikon-30 (chemiese notasie: 3014Si) is 'n stabiele isotoop van silikon. Dit is 'n seldsame isotoop.

Meer inligting , ↖ {\displaystyle \nwarrow } ...
Eienskappe

Algemeen

NaamSilikon-30 
 
Protone14 
Neutrone16 
Kernspin0+[1] 
Massa-oorskot-24432,928 keV[1] 

Status

Statusstabiel[1] 
Relatiewe voorkoms3,0872%[1]  

Navigasie

2914Si
3014Si3115P
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika
Sluit

KMR

30Si het 'n kernspin I=0 en is daardeur in teenstelling met silikon-29 ongeskik vir kernmagnetiese resonansie.

Nukleosintese

Hierdie kern is wat sy nukleosintese betref nes silikon-29 'n sekondêre kern en nie 'n primêre kern soos silikon-28 nie. Dit verklaar waarom silikon-30 en -29 taamlik seldsaam is.[2]

Isotoopverhoudings

Klein wisselings in die verhouding van die isotope word in die geochemie uitgedruk in die grootheid δ30Si.

Die monsters word gewoonlik gefluorineer met HF, F2 of BrF5 en die SiF4 wat gevorm word, word aan masaspektrometrie onderwerp. Die metode is tydens die Apollo-maanlandings gebruik en daar is gevind dat die maangrond ryk is in silikon-30 en suurstof-18, omdat dit blootgestel is aan 'n bombardement van mikrometeoriete en kosmiese straling. Dit tref die ligter isotope meer as die swaarder kerne.

In meteoriete is gevind dat in chondrules en insluitings groot afwykings van δ30Si tot 20‰ kan optree. Later is in silikonkarbied SiC wat in meteoriete gevind word selfs waardes van δ30Si ~ 110‰ en δ29Si tot 160‰ gemeet.[3]

Klein verskille kan ook gevind word in die silikaatskelette van diatome. As die alge groei neem hulle opgeloste silikon uit die water op en die ligter isotope word effens makliker opgeneem. Die silikon wat in die see agterbly word hierdeur effens verryk in silikon-30. Gedurende 'n ystydperk is hierdie proses minder effektief en dit veroorsaak 'n δ30-afname van ongeveer 0,5-0,7‰ tydens die laaste glasiale maksimum.[4]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.