From Wikipedia, the free encyclopedia
Victor IV (Octavianus)[1][2] gebore Octaviano de Monticelli was 'n teenpous in die Rooms Katolieke Kerk van 4 Oktober 1159 tot by sy dood op 20 April 1164.
Octaviano[3] stam uit van die belangrike adellike familie die Tusculum. Hy is die seun van graaf Giovanni de Oddone Monticelli. In 1138 word hy as kardinaal-diaken van Santa Nicola aangestel deur Pous Innocentius II en in 1151 bevorder tot kardinaal-priester van Santa Cecilia.
Pous Adrianus IV sterwe op 1 September 1159 en verkiesings vir 'n nuwe pous word gehou op 7 September 1159. Keiser Frederik I Barbarossa wil Octaviano laat verkies. Frederik se opponente was egter in die meerderheid en kies Orlando Bandinelli as Pous Alexander III.
In reaksie op Alexander se verkiesing versamel Octaviano 'n leër en laat homself tot pous verkies. Op 4 Oktober 1159 word hy tot pous gewy onder beskerming van die keiserlike troepe en kies die naam Victor IV. Victor verower Rome en Alexander vlug na Frankryk. Victor word egter nooit as pous erken buite die gebiede waar Frederik regeer het. Na die dood van Victor gee Frederik nie op nie. Hy laat Paschalis III tot pous verkies.
Omdat Victor V 'n teenpous was, word die kardinale wat hy aangestel het nie as sulks deur die Rooms Katolieke Kerk erken nie. Hulle staan bekend as pseudokardinale.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.