Titanosauria (lede van die groepe Titanosauria of Titanosauroidea) was ’n uiteenlopende groep Sauropoda-dinosourusse wat die Saltasaurus en Isisaurus ingesluit het. Van die swaarste diere wat nog geleef het, soos die Argentinosaurus en Puertasaurus (wat vermoedelik tot 90 ton geweeg het), was lede van die groep. Daarom is hulle "Titanosauria" gedoop ter ere van die Titaniese gode in die Griekse mitologie. Saam met die Brachiosauridae en hul verwante maak hulle die groter klade Titanosauriformes uit.

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subgroepe ...
Titanosauria
Tydperk: Laat JuraLaat Kryt
156–66 m. jaar gelede
Thumb
’n Gerekonstrueerde skelet van Argentinosaurus huinculensis (Naturmuseum Senckenberg in Frankfort, Duitsland.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Superfamilie:
Titanosauroidea

(Lydekker, 1895)
Subgroepe
Sien teks
Sluit
Kitsfeite Kladistiese klassifikasie ...
Titanosauria
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Saurischia
Klade: Somphospondyli
Klade: Titanosauria
Superfamilie: Titanosauroidea
(Lydekker, 1895)
Sluit

Beskrywing

Titanosauria het klein koppe gehad, selfs in vergelyking met dié van ander Sauropoda. Die koppe was breed, soos dié van of Camarasaurus en Brachiosaurus, maar langer. Hul neusgate was groot en hulle het kamme gehad wat deur die neusbene gevorm is. Hul tande was altyd klein, maar het verskillende vorms gehad.

Hul nekke was van gemiddelde lengte in vergelyking met ander Sauropoda s’n en hul sterte was sweepagtig. Terwyl die heupe smaller was as sommige ander Sauropoda s’n, was hul borsarea heelwat breër. Hul voorste ledemate was stewig en dikwels langer as hul agterste ledemate. Hul rugwerwels was solied (nie uitgehol nie), maar hul ruggraat was meer buigbaar sodat hulle waarskynlik beweegliker was as hul neefs.

Taksonomie

  • Titanosauria
    • Amargatitanis
    • Andesaurus
    • Atacamatitan
    • Atsinganosaurus
    • Austrosaurus
    • Balochisaurus
    • Barrosasaurus
    • Baurutitan
    • Brohisaurus
    • Campylodoniscus
    • Chubutisaurus
    • Gobititan
    • Hypselosaurus
    • Iuticosaurus
    • Jiangshanosaurus
    • Jiutaisaurus
    • Karongasaurus
    • Khetranisaurus
    • Laplatasaurus
    • Ligabuesaurus
    • Macrurosaurus
    • Magyarosaurus
    • Malarguesaurus
    • Marisaurus
    • Microcoelus
    • Pakisaurus
    • Paludititan
    • Puertasaurus
    • Qingxiusaurus
    • Ruyangosaurus
    • Sulaimanisaurus
    • Tangvayosaurus
    • Titanosaurus
    • Uberabatitan
    • Wintonotitan
    • Eutitanosauria
      • Familie Argyrosauridae
      • Lognkosauria
      • Lithostrotia
        • Elaltitan
        • Narambuenatitan
        • Familie Antarctosauridae
        • Familie Aeolosauridae
        • Familie Nemegtosauridae
        • Familie Saltasauridae

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.