Adelaide (Suid-Australië)
hoofstad van Suid-Australië (Australië) From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Adelaide (Engels: [ˈædəlæɪd], ; Kaurna: Tarndanya, [ˈd̪̥aɳɖaɲa]) is die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Suid-Australië. Die stad het 'n bevolking van sowat 1,3 miljoen inwoners en is die vyfde grootste stad ten opsigte van sy bevolking in Australië. Adelaide is in 1836 gestig en na Adelheid van Saxe-Meiningen, William IV se vrou, vernoem.

Adelaide is naby die Suidelike Oseaan en is noord van die Fleurieu-skiereiland geleë. 'n Rivier, genaamd die River Torrens, vloei deur die stad. Adelaide het 'n warm mediterreense klimaat. Druiwe vir die produksie van wyn word in die Barossa-vallei (sowat 50 kilometer noord van Adelaide) verbou.
Die stad is bekend vir sy kunstefees, die Festival of Arts. Die fees word sedert 1960 elke tweede jaar aangebied en is een van die grootste van sy soort ter wêreld.
Adelaide word soms die "City of Churches" genoem vanweë die vele kerke wat daar aangetref word. 'n Ander algemeen benaming is "the 20 minute city", te danke aan die uitleg wat meeste plekke binne 20 minute van die sentrale besigheidsdistrik plaas.
Remove ads
Sport
Adelaide beskik met die Adelaide-ovaal oor 'n belangrike toetskrieketstadion. Die Australiese nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Die Adelaide-ovaal het onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015, asook die Rugbywêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2022 gehuisves.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Adelaide (Suid-Australië).
- (en) Toerisme-inligting oor Adelaide op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Adelaide". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 April 2025.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads