Afar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Afar (Qafaraf, ’Afar Af, Afaraf, Qafar af) is 'n Koesjitiese taal wat deur sowat 2 miljoen mense in Djiboeti, Eritrea en Ethiopië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit geniet in Djiboeti, Eritrea en Ethiopië erkenning as 'n nasionale taal. Afar word met die Latynse alfabet geskryf. Afar word as 'n Laagland Oos-Koesjitiese taal gekategoriseer met die naaste verwante Saho, gevolg deur Somalies, die amptelike taal van Somalië, en Oromo.[2]

- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Afar (volk).
In Ethiopië word Afar as ampstaal van die Afar-streek in Noordoos-Ethiopië erken en met die Ge'ez-skrif geskryf. Afar is Djiboeti se tweede belangrikste taal met sowat 35% van die bevolking wat dit praat, net na Somalies met 60%. Sedert 2020 dien Afar saam met Amharies, Engels, Oromo, Somalies en Tigrinya as amptelike tale van Ethiopië.[3]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
