Horing van Afrika

From Wikipedia, the free encyclopedia

Horing van Afrika
Remove ads

Die Horing van Afrika (Somalies: Geeska Afrika, Oromo: Gaaffaa Afriikaa, Amharies: የአፍሪካ ቀንድ? yäafrika qänd, Arabies: القرن الأفريقي‎ al-qarn al-'afrīqī, Tigrinya: ቀርኒ ኣፍሪቃ), ook Somaliese Skiereiland genoem, is 'n skiereiland en die verste oostelike punt van die vasteland van Afrika, waar die Rooisee in die Indiese Oseaan (Golf van Aden) uitmond. Die term word ook gebruik vir die aangrensende gebied. In die gebied is die lande Ethiopië, Somalië, Eritrea en Djiboeti geleë.[1][2][3][4]

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Horing van Afrika
Thumb
Kaart van die Horing van Afrika

Teenoor die Horing van Afrika is die Arabiese Skiereiland en aan die Horing se kus is die eiland Sokotra geleë wat aan Jemen behoort. In die ooste is die Arabiese See geleë wat 'n deel van die Indiese Oseaan vorm.

Belangrike inheemse tale in hierdie streek sluit in: Somalies, Amharies, Tigrinya, Afar, Oromo en Arabies.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads