Mofhartbees

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mofhartbees
Remove ads

Die mofhartbees (Alcelaphus lichtensteinii) is 'n wildsbok wat in die noordooste van Suid-Afrika, die suidooste van Zimbabwe en die sentrale gebied van Mosambiek voorkom. Die boksoort staan ook bekend as die Lichtenstein-hartbees.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Bou en kleur

Die wildsbok is oorwegend dof gekleurd, van geelbruin of kastaiingkleurig. Aan die agterkant van die boude is 'n ligbruin kol. Die hare aan die stert en die skene is swart. Bulle en koeie dra albei horings. Hulle verskil van rooihartbeeste omdat hulle ligter van kleur is, nie 'n swart bles het nie, en die horings korter en by die basis verder uitmekaar is.

Geslagsverskille

Die bulle weeg tot 204 kg en die horinglengte is gemiddeld 52 cm, met 'n rekord van 61,91 cm. Die koeie weeg tot 181 kg. Die koeie se dratyd is sowat 8 maande, met een lammetjie wat tussen Junie en September gebore word.

Ander feite

Die boksoort hou van droë vloedvlaktes en vorm kuddes van 3 tot 15 diere. Sommige bulle loop alleen. Sy natuurlike vyand is die gevlekte hiëna, luiperd, leeu en die wildehond. Die boksoort het uitgesterf in Suid-Afrika, maar is in 1985 in die Krugerwildtuin hervestig.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads