Altair
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Altair (ook Alpha Aquilae of α Aql genoem) is die helderste ster in die sterrebeeld Arend en die 12de helderste ster aan die naghemel. Dit is tans in die G-wolk: ’n nabygeleë interstellêre wolk, ’n versameling van gas en stof.[9][10]
Altair is ’n A-tipe hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 0,77 en is een van die hoekpunte van die asterisme Winterdriehoek in die Suidelike Halfrond (in die Noordelike Halfrond word dit die Somerdriehoek genoem). Die ander twee hoekpunte van die Winterdriehoek is Deneb en Vega.[11][12] Dit is 16,7 ligjare van die Sonnestelsel af en is een van die naaste sterre wat met die blote oog gesien kan word.[13]
Altair roteer vinnig, met ’n spoed by sy ewenaar van sowat 286 km/s.[4] Waarnemings by die Palomar-sterrewag het gewys Altair is nie sferies nie, maar plat by die pole vanweë sy hoë rotasiespoed.[14] Ander interferometriese studies met verskeie teleskope in die infrarooi het dit bevestig.[4]
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Aquilae". Die tradisionele naam, "Altair", word sedert die Middeleeue gebruik en is ’n afkorting van die Arabiese frase النسر الطائر an-nasr aṭ-ṭāʼir, "die vlieënde arend".[15]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads