Amblypygi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Amblypygi
Remove ads

Die orde Amblypygi bestaan uit ongeveer 60 spesies wat voorheen as lede van die orde Uropygi beskou is. Lede van die Amblypygi is naglewend en hou hulle onder rotse, stompe, blare, ensovoorts. Hulle is tussen 4 en 45 mm groot en hul afgeplatte liggame is soortgelyk aan dié van spinnekoppe. Die karapaks het ’n paar oë wat in die middel geleë is en daar kom nog twee of drie oë aan elke kant daarvan voor.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Families ...

Hul kloukake is soortgelyk aan dié van spinnekoppe en die kaaktasters is goed ontwikkel. Die eerste paar bene dien as sensoriese en tasorgane. Hulle is tot lang, sweepagtige strukture verleng, terwyl die laaste 3 paar ledemate as bewegingsorgane gebruik word.

Remove ads

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads