Anaboom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Anaboom (Faidherbia albida) - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal asook Eswatini.
Alhoewel Akasias met aarvormige blomme byna altyd haakdorings het, is die anaboom die uitsondering. Die blomme is roomwit in are en die dorings is reguit – tot sowat 2 cm lank. Die boom word tot 30 m hoog. Die boom dra buitengewoon groot, gekromde helder oranje tot rooierige peule. Die peule word deur vee en wild gevreet.[1]
Die boom is die enigste spesie in die genus Faidherbia, wat aan die sub-familie Mimosoideae behoort en op sy beurt weer aan die familie Fabaceae behoort. Die boom se FSA-nommer is 159.[2][3]
Remove ads
Fotogalery
Loof te Kaap Verde Bloeiwyses in die Namib-Naukluft Peule te Pafuri, Krugerwildtuin Anaboom-brandhout in Namibië
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads