Andromedides
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Andromedides is ’n meteoorreën wat verbind word met 3D/Biela, of Biela se Komeet; dit kom voor wanneer die Aarde deur die stofdeeltjies beweeg wat deur die komeet agtergelaat is. Die komeet het teen 1846 verbrokkel; die verspreiding van die brokstukke teen 1852 dui daarop dat die komeet óf in 1842 óf in vroeg 1843 opgebreek het toe dit naby Jupiter was.[4][5] Dit het gelei tot besonder skouspelagtige reëns in daaropvolgende jare (veral in 1872 en 1885).[3][6]
In die vroeë 19de eeu, voor die komeet se verbrokkeling, was die uitstralingspunt in die sterrebeeld Kassiopeia.[7] In die laaste eeu is die uitstralingspunt van die moderne, swakker meteoorreën gewoonlik in Andromeda, soos die naam aandui, maar vanweë sy ouderdom en die verspreiding van deeltjies kan dit lyk of meteore uit die aangrense sterrebeelde soos Visse, Driehoek en Kassiopeia kom.[2][4]
Remove ads
Historiese waarnemings
Die eerste bekende waarneming van die Andromedides was op 6 Desember 1741 oor Sint Petersburg, Rusland.[6] Nog sterk reëns is in 1798, 1825, 1830, 1838 en 1847 gesien. In 1872 en 1885 was daar tot ’n paar duisend meteore per uur omdat die Aarde die komeet se stofbaan gekruis het. In Birma is die 1885-reën as ’n voorspelling van ongeluk beskou, en kort daarna het die Konbaung-dinastie inderdaad tot ’n val gekom en is die land deur Brittanje verower.[8]
Op 27 November is die eerste bekende foto van ’n meteoor geneem tydens die Andromedide-reën, deur die Oostenryk-Hongaarse sterrekundige Ladislaus Weinek.[9]
Remove ads
Huidige aktiwiteit
Sedert die 19de eeu het die Andromedides so afgeneem dat hulle meestal nie met die blote oog sigbaar is nie, hoewel ’n paar meteore steeds middel November met die regte toerusting gesien kan word.[6] Die huidige maksimum is minder as drie meteore per uur, omstreeks 9 tot 14 November.[2][3] Die Andromedide-meteore van November kom van die jongste strome, terwyl dié van Desember van die oudste strome is.[3]
Op 4 Desember 2011 het ses Kanadese radarstasies 50 meteore in ’n uur waargeneem. Dit was waarskynlik afkomstig van die 1649-stroom.[7] Op 8 Desember 2013 het die meteoorspesialis Peter Brown berig Kanadese radar het ’n uitbarsting van die Andromedide-meteore in die vorige 24 uur waargeneem.[1] Wetenskaplikes het ’n effens swakker resultaat vir 2018 voorspel, maar tot 200 meteore per uur vir 2023.[7][10]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads